Polisiebeamptes vas oor Vanderbijlpark-moord en marteling

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Agt polisiebeamptes, twee vroue en ses mans, is Vrydag deur Opod in hegtenis geneem in verband met die marteling en moord op ʼn Nigeriese man in Oktober 2017.

Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod), het gesê die agt beamptes is in hegtenis geneem in verband met die marteling en moord op Ibrahim Olamilekan Badmus. Badmus was in daardie stadium 25 jaar oud.

“Die beskuldigdes het na bewering op of rondom 10 Oktober 2017 die oorledene ondervra en hom gesmoor wat uiteindelik tot sy dood gelei het. Volgens die polisie het hulle dwelmmiddels in die man se besit gevind, maar dit is egter net ʼn storie om die marteling en moord van die oorledene weg te steek. Die Nigeriese gemeenskap het ʼn groot ophef gemaak toe die man se afsterwe aan die lig gekom het. Die polisie het in daardie stadium aangevoer hulle is deur ‘dwelmhandelaars’ aangeval.”

Dlamini het gesê Opod het die saak ondersoek te midde van baie vyandigheid deur lede van die SAPD. “ʼn Nadoodse ondersoek is deur twee patoloë gedoen en daar is bevestig dat die man gemartel is.”

Die dossier is aan die direkteur van openbare vervolging (DPP) oorhandig vir vervolging. Die DPP het besluit dat die agt verdagtes aangekla moet word van moord en marteling. “Hulle sal na verwagting op 8 Oktober in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GOOD COP, BAD COP ·

“I know we live in a fallen world,
But just because I breath corrupt air,
Rub elbows with corrupt men,
Never, make the mistake of thinking 
That I am corruptible!!”
[Live by Night]

“evil Must Never Be Allowed To Triumph Over Good.”
[Anton W van der Merwe]

Daan Erasmus ·

Enige saak het 2 kante. Of ten minste 2 kante. Ek verstaan die SAPD se frustrasie met die Nigeriërs. Ek moet nog ‘n eerlike Nigeriër ontmoet. Zimbabwiërs ja. En om die mense vas te vat is byna onmoontlik. En ons almal verwag resultate, anders is die SAPD hopeloos.

Alida ·

O ne en die polisie kan net doodmaak. Hulle moet gevonnis word soos al die moordenaars.

AW ·

“Every society gets the kind of criminal it deserves. What is equally true is that every community gets the kind of law enforcement it insist on.” (Robert F. Kennedy)

“Our crime against criminals lies in the fact that we treat them like Rascals.” – Friederich Nietzsche

“There are monsters and it is okay to be afraid of them, But it is Not okay to let them win and it is Not okay to be one.”

johan ·

As Gigaba nie vir hom n visum gegee het nie sou hy vandag nog geleef het

Chris ·

Alweer sommer n volle agt tal korruptenare in pilisie uniform . Gaan hulle ook net n finale waarskuwing kry soos die een van gister. Dit is mos die norm in die SAPD. Dan is daar mos nou opgetree teen die skuldiges en hulle bly in diens .

Karolis ·

Vat hulle vas!
Maar o wee, hoeveel gaan oorbly as al die korruptes toegesluit word.
Simpatie met die eerlike en opregtes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.