Polisiebeamptes vas vir winkelroof

Argieffoto Foto: SAPD

Argieffoto Foto: SAPD

Twee polisiebeamptes is in KwaMashu in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn winkel beroof het.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die twee beamptes, onderskeidelik 32 en 33 jaar oud, het glo ʼn winkel van ʼn onbekende bedrag kontant en lugtydbewyse beroof.

Naicker sê die polisiebeamptes het aanvanklik omkoopgeld van die winkeleienaar geëis maar hy het geweier waarna hulle die winkel beroof het. “Die twee verdagtes was in vol uniform maar het in ʼn ongemerkte polisievoertuig gery.”

Die twee polisiebeamptes sal Vrydag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.