Polisiebeamptes vas wat glo diesel steel

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Twee polisiebeamptes het Maandag in die landdroshof op Springbok in die Noord-Kaap verskyn. Die twee word daarvan verdink dat hulle maande lank diesel by polisiediensmotors gesteel het.

Konst. Warren Le-roy Mentoor (38) en konst. Laurice Anegrid Mentor is Sondag in hegtenis geneem ná ’n wenk dat die twee na bewering sedert Julie diesel steel.

Luidens ’n verklaring is daar gedurende hul inhegtenisneming op ’n twintigliter-dieselhouer, ’n rubberpyp en sewe leë 2 ℓ-bottels beslag gelê.

Die twee verdagtes is intussen op waarskuwing vrygelaat en sal weer op 26 Februarie in die hof verskyn op aanklagte van diefstal, korrupsie, bedrog en dwarsboming van die gereg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Strandloper ·

Shame tog…het seeker n diesel gras snyer….nie asof daar eintlik gras in Springbok groeie nie…

Brakenjan ·

Nee, hulle is gewaarsku. Seker vertel: “Sies, julle was stout. Julle mag nie weer nie, hoor!” “Sien jul in die hof oor ” n maand…”

Niklaas ·

Watter persentasie van die korps se lede is eerlik en nie korrup ? Die media berigte oor sulke voorvalle raak net teveel deesdae.

Daniel Pieter Schoeman ·

Ja nee hoeveel van hulle doen dit en wat doen hul nog ek dink ons sal skrik as ons weet wat hul alles werklik doen .Dan word hul geregsdienaars genoem ???????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.