Vier polisiebeamptes van die Joza-polisiestasie in Grahamstad in die Oos-Kaap is vir twee verskillende voorvalle van diefstal in hegtenis geneem.
Sers. Lesley Sauls en konst. Justine Freeman het Vrydag in die Grahamstad-landdroshof verskyn in verband met ʼn voorval verlede jaar toe ʼn vragmotor omgeslaan het en daar alkohol op die ongelukstoneel gesteel is.
Die ongeluk het op 13 Oktober plaasgevind en mense het onmiddellik die vrag begin stroop, het Anelisa Ngcakani, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê. Sauls en Freeman het op die toneel aangekom en glo ook alkohol gesteel. Hulle het van die alkohol na die Joza-polisiestasie gevat terwyl hulle glo ook daarvan aan die eienaar van ʼn kroeg verkoop het.
Die twee beamptes is op borgtog van R500 elk vrygelaat en moet weer op 14 Desember in die hof verskyn.
Ao. Lawrence van Ross en sers. Gareth Paul Prince het intussen ook in dieselfde hof verskyn vir die diefstal van sigarette. Die twee beamptes was glo deel van ʼn klopjag op 5 Junie by ʼn huis waar daar tydens die streng inperkingsmaatreëls sigarette verkoop is.
Die beamptes het glo net sowat ʼn derde van die kartonne sigarette waarop daar beslag gelê is by die polisiestasie ingehandig en die res gesteel. Van Ross en Prince is ook op borgtog van R500 vrygelaat en moet weer op 11 Desember in die hof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
Skreiende skande vir die uniforms! Dit verbaas my egter nie dit is immers Cele se trots pffft tsssk net!
Due wiel draai vir beamptes . Ongelukkig word Politiekke Amptenare ,wat voorbeeld stel steeds beskerm
Nothing new….
Nou toe nou,weereens manne in blou wat die blou uniform vir ‘n oranje pakkie gaan verruil. Servamus et servimus ons beskerm en dien.So will ek nie beskerm word nie.
Dis baie onaangeneem om daagliks te lees hoeveel skelmstreke deur ons SAPD gepleeg word. Die publiek se vertroue in die regsdienaars word al minder…..
Groot regruk is dringend nodig – saam met pluiskeil is dit lankal nie meer ‘n grap nie…..