Polisiebeamptes vas wat man glo van duisende beroof

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

Drie polisiebeamptes is Vrydag in hegtenis geneem in verband met beweerde korrupsie en gewapende roof.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die beamptes, tussen 33 en 39 jaar oud en verbonde aan die polisie in Bela-Bela, het glo ʼn slagoffer van R190 000 beroof tydens ʼn gewapende roof op 7 September.

“Hulle het die man uit ʼn plaaslike dobbelfasiliteit vergesel en toe geëis dat hy vir hulle omkoopgeld betaal, anders gaan hulle geldwassery-aanklagtes teen hom aanhangig maak,” het Maluleke gesê.

Die saak is gevolglik by die Valke se eenheid vir korrupsie aangemeld en die drie beamptes is nagespoor en in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal Dinsdag 25 September in die Bela-Bela-landdroshof verskyn op aanklagte van beweerde korrupsie en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

3 polisie bemptes? 3? In Suid Afrika? As deel van die ANC Legacy? Met n nar met n hoed as minister? Kan nie dink dis moontlik of waar nie. Dis seker weer wit monopolie propaganda!

Abe ·

Johan,
Dat polisielede wat ons moet beskerm skuldig is aan so’n oortreding is vir my regtig betreurenswaardig maar niks van jou kommentaar maak vir my sin nie.

KG ·

Abe ek kan verkeerd wees, maar ek glo Johann is dalk net so ‘n bietjie sarkasties…. :)

SjN ·

Pragtige voorbeeld van die geregsdienaars, onthou een vrot appel maak die kas sleg

Wilma ·

Enige persoon kriminele ingesluit word gewerf vi polisie. Morele waardes word ni meer in ag geneem ni

Jozi ·

Ai, ek onthou hoe ons as kinders die grootste respek vir die SAP gehad het.
Hartseer dat soveel van hul lede deesdae die ergste misdadigers is.

stella ·

Skokkend dat so iets gebeur. My ouboet was jare terug ñ polisieman. Ons was baie trots op hom want daardie tyd was hul nog skraal en netjies soos wat die polisie behoort te wees. Hy was ñ hardwerkende eerlike trotse lid van die polisie en baie lief vir sy werk. Dit was vir hom ñ eer om sy land te kon dien. Daar is nog min van sy soort oor.

KG ·

My broer was ook in die Polisie en ek was so trots op hom.
Wat veral vir my deesdae baie hartseer is, is dat daar is nog Polisie lede wat regtig hard probeer om wet en orde te handhaaf, maar word almal ongelukkig oorskadu deur hulle korrupte kollegas en gevolglik oor dieselfde kam geskeer.

AJ ·

Wie het nou weer gesê?:

“Korrupsie is net ‘n Witmens ding …….”

…he … he … he ..

Pvt ·

Hoekom moes hulle die man in die 1ste plek vergesel?
Ek stel voor ondersoek die man ook.

madels ·

As polisiemanne gevang word van oortredings moet hulle n drie dubbele straf kry want hulle is veronderstel om wet en orde te handhaaf nie deel te wees van die boewe nie! :-(

Dereck Le Roux. ·

Ek ken nog mense wat polisiemanne is en speurders is wat so ver gaan dat hulle nie eers meer hul eie kolegas kan vertrou nie en dat hulle ak vir my gese het dat as jy vertroulike inligtigting aangaande ernstige kriminele sake het kan jy dit nie waag om jou inligting te deel met jou mede kolegas nie want dit word uitgelek aan die kriminele wat met ‘n groter bedrag geld vorendag kom om die persoon om te koop, selfs taakspanne se inligting word op so wyse uitgelek, ‘n baie goeie voorbeeld hiervan was hoe die Guptas vooraf gewaarsku was voordat hulle gearesteer kon word en die land verlaat het voordat hulle agter tralies kon beland het, nie alle polisiemanne is kriminele nie maar baie kriminele bevind hulle in die polisiediens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.