Polisiebeamptes vermoor in Limpopo en Oos-Kaap

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee polisiebeamptes is die afgelope paar dae onderskeidelik in Limpopo en die Oos-Kaap vermoor.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het gesê ao. Godrey Mantlhake (44) is Sondagaand doodgeskiet waar hy saam met sy vriendin by sy motor gestaan het. “Hy is drie keer in die kop en bors geskiet voor die verdagtes gevlug het.”

Volgens Otto is die motief vir die moord nog nie bekend nie. Mantlhake was verbonde aan die Bolobedu-polisiestasie naby Tzaneen.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het gesê gemeenskapslede het Saterdagaand op konst. Andile Nojekwa (28) se liggaam afgekom naby die Bethel-kollege tussen Butterworth en Centane. Nojekwa was aan die Butterworth-polisiestasie verbonde.

ʼn 37-jarige konstabel het hom intussen aan die polisie oorgegee in verband met die moord op Nojekwa. Volgens Manatha sal die verdagte Dinsdag in die Butterworth-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

boer ·

Hoeveel boere is die afgelope paar dae vermoor? beslis nie net 2 nie.

Malinda ·

Nou wat maak hulle moord anders as die van ons mense se moorde

Drieks ·

Die laaste berig sé dit weer. Polisie opleiding moet beter wees wat die hanteer van ‘n wapen behels.
Malinda, die regering is die oorsaak dat elke bevolkings groep nou net omgee vir ons self. Hul verdeel ons met die dat misdaad en moorde net meer word. Ons kort ‘n BAIE goeie “nuwe party en president ” om ons almal weer op koers te kry. Hou duimvas vrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.