Polisiebeamptes wat omkoopgeld eis kry tronkstraf

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Die Valke verwelkom die vonnis wat twee polisiebeamptes Maandag in die streekhof in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo opgelê is. Die beamptes is skuldig bevind op aanklag van korrupsie nadat hulle omkoopgeld van ʼn motoris geëis het.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê ao. Richard Matsobane Molokome (54) en konst. Archibald Sepato (40) het op 17 Desember 2017, terwyl hulle aan diens was, ʼn verdagte voertuig gewaar en laat stilhou. Dié twee beamptes was by die Tuinplaas-polisiestasie naby Modimolle (Nylstroom) gestasioneer.

“Die beamptes het die voertuig ondersoek en enkele gebreke ontdek,” sê Maluleke. “In plaas daarvan om ʼn dagvaarding uit te reik of die voertuig te skut, het die twee polisiebeamptes omkoopgeld van R1 000 geëis.”

Die motoris het die omkoopgeld betaal.

Die saak is by die Valke aangemeld. Albei beamptes is summier in hegtenis geneem en is op 3 Maart in die hof skuldig bevind.

Molokome en Sepato is tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis, sonder die opsie van ʼn boete. Hulle is ook ongeskik verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris dupreez ·

Pragtig, nou moet hulle net die skurke by Tshwane metro ook vasvat

Persheks Adri ·

Regtig jy gooi jou naam weg vir R1 000? Ek dink dis ‘n tik oor die vingers vir die polisiebeamptes en dit het al in 2017 gebeur. Regstelsel is beslis nie reg nie

Roedolf Johannes ·

Hoop hulle is uit die S A P verban vir die res van hulle lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.