Polisiebeamptes wat rower glo doodskiet in hof

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die vier polisiebeamptes wat glo ʼn vermeende rower in Krugersdorp koelbloedig doodgeskiet het, het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Dipuo Chipu, ‘n vroulike polisiebeampte, wat van regsverydeling aangekla is, is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die saak teen haar medebeskuldigdes, Titus Mabela, Jason Segole en Puleng Sebetwa, is intussen tot 10 November uitgestel wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Dié drie word van moord, sowel as regsverydeling, aangekla. Die hofsaal was gepak met lede van die polisievakbond SAPU wat gesê het hulle is daar om hul kollegas te ondersteun. Hulle het die media daarvan beskuldig dat hulle die polisie negatief uitbeeld. Volgens hulle het die beamptes net hulle werk gedoen.

Die beamptes het hulself Maandagoggend by die Krugersdorp-polisiestasie oorgegee, nadat beeldmateriaal van kringtelevisiekameras wat deur die Sunday Times bekom is, wyd op sosiale media gedeel is.

Die beeldmateriaal wys glo hoe Khulekani Mpanza geskiet word en op die polisiebeamptes losbrand terwyl hy vlug van ʼn rooftoneel. Die polisie skiet terug en Mpanza word gewond en val op die grond neer.

Terwyl hy op die sypaadjie lê tussen ʼn heining en ʼn afleweringsvoertuig, stap ʼn polisiebeampte nader en skop die bloeiende Mpanza. Dan stap die konstabel wat hom glo die eerste keer geskiet het, nader. Hy praat vlugtig met sy kollega, voordat hy sy vuurwapen op Mpanza rig en hom oënskynlik koelbloedig doodskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eddy ·

Gee hulle medaljes of stuur hulle om plase te patrolleer. Is seker plaas aanvalle sal vinnig verminder

Johann Marx ·

‘n Regter, met jare ondervinding, hulp van kollegas, meer as genoeg tyd, AL die bewyse en getuies voor hom…….MAG NIE die doodstraf toepas nie. Maar ‘n Polisieman met ‘n pistool kan jou arresteer, verhoor, skuldig bevind, en die doodstraf toepas….binne minute. Dit gee die polisieman meer mag as die regter? Dis skrikwekkend….

Johan ·

Dis die gevolge van swak opleiding. Die probleem is ons almal is blootgestel aan hierdie kwaliteit SAP lede. Daar is al hoe meer polisiebrutaliteit. “Power corrupts and absolute power corrupts absolutely”

Lynette ·

Ek het na die video gekyk en vir my lyk dit asof die afleweringsvoertuig die wegkom motor kon wees. Die bestuurder het presies dieselfde klere aan soos die rower en hy tree baie verdag op. Klim by passasierskant uit, vroetel onder voertuig en toe rower aangehardloop kom, spring hy vinnig terug in voertuig maar los deur oop en op video lyk dit asof die rower na die oop deur mik toe hy raakgeskiet word en val. As hy nie raakgeskiet was nie sou hy dalk in voertuig gespring het en sou hulle weggejaag het. Die feit dat SAP die aflewerings voertuig toelaat om weg te ry is ook verdag. Dit was immers n getuie van wat gebeur het. Is daar nie ander mense wat nes ek dink nie?

Johann Marx ·

‘n Regter. met jare ondervinding. kollegas om hom by te staan, genoeg tyd, en al die bewyse en getuies voor hom, en ‘n appélhof wat sy doen en late beoordeel, mag nie die doodstraf toepas nie. Maar ‘n polisieman met ‘n vuurwapen kan jou identifiseer, verhoor, skuldig bevind, sy vuurwapen uithaal en die doodstraf toepas. Dit maak die polisieman magtiger as die Regter….en dit is, om die minste te sê, skrikwekkend.

Willie ·

Stem saam dit spaar ons belastingbetales baie geld die wetter het eerste op die polisie geskiet, en hulle het seker gemaak hy doen dit nie weer nie. Dit is die beste behandeling vir so ‘n geval, daar is geen twyfel dat hy van plan was om ‘n polisieman of meer dood te skiet nie.

nico ·

Ek stem saam met beide Johanne. Al het ek geen simpatie met ‘n krimineel wat doodgeskeit word nie, kan ‘n staat nie toelaat dat die Polisie maak wat hulle wil nie. Hulle doen dit reeds en hoe weet ons wat nie daar was nie wie was regtig skuldig.

Irene Myburgh ·

Help net ‘n bietjie. Wie het die video geneem? Is die persoon ook kamstig aan gekla van regsverydeling.

Ons polisie werk heeltyd op “high” want hulle weet nooit wanneer of waar op hulle geskiet gaan word nie.

Piet Pompies ·

Daar is ‘n verskil tussen die land se wette onderhou soos dit van die Polisie verwag word en iemand terug kry. Die laaste is hier van toepassing en die Polisieman het nou self die wet oortree.

Zena ·

Ja, en so word die polisie lede geblameer vir die sogenaamde misdadiger. ja ek se sogenaamde, want deesdae mag jy mos nie iemand someer beskuldig al is al die feite daar.dis mos nou deel van die wette. en wat van die polisie lede wat amper daagliks deur vermeende rowers koelbloedig doodgeskiet word? ons as gewone Suid Afrikaanse burgers het absoluut geen idee wat regtig in ons land aangaan nie. glo my julle wat so die polisie blameer, sal nie n oog snags kan toemaak nie, hier buite is wrede dinge wat plaasvind. ek se maar net. wat van die lede wat doodgeskiet word se familie? dis mos nou maklik om die lede te veroordeel. verstaan dit..hul doen hul werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.