Polisiebeamptes weer in hof op Marikana-aanklagte

Die koppie by Marikana. (Foto: Bongiwe Mchunu)

Die voormalige adjunkpolisiekommissaris in Noordwes, genl. Mzondase Mpembe, en vyf ander senior polisiebeamptes het Maandag in die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes, verskyn op aanklagte wat verband hou met die Marikana-slagting in 2012.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, sê die ses staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en regsverydeling.

Hulle word ook aangekla van die oortreding van die Kommissiewet nadat hulle valse inligting aan die Marikana- kommissie van ondersoek gegee het. Hulle het glo inligting verswyg oor die omstandighede rakende die dood van die mynwerker Modisaotsile Segalala, wat op 16 Augustus in polisieaanhouding gesterf het.

Hul verskyning spruit uit die vyf moorde wat op 13 Augustus 2012 tydens ʼn staking deur Lonmin-mynwerkers in Marikana plaasgevind het. Onder die vyf oorledenes was daar twee polisiebeamptes.

“Verskeie sleutelgetuies het reeds getuig toe die saak in Oktober verlede jaar in die hooggeregshof aangehoor is. Onder hulle was ʼn misdaadtoneelkenner van die polisie, ʼn kringtelevisie-operateur van die Lonmin-myngroep en ʼn videograaf van die polisie,” bevestig Mamothame.

Die saak sal voortduur tot Vrydag en die staat sal na verwagting gedurende die loop van die verhoor nog getuies inroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tiptol ·

Sloer 9 jaar. Absoluut belaglik. Niks in hierdie land word vinnig opgelos nie.

Anoniem ·

Alles word mos op die langbaan geskuiwe met die hoop om vergete agterblewe te bly.

Pieter ·

Die anc land se regstelsel is een groot grap. Ou cyril weet mos wat is die waarheid maar nou ja die anc hou nie van die waarheid nie.

Willem ·

Hierdie storie moet ook nou stop asb!Dis al holrug gery en families sit net en wag vir n geleentheid om geld te bekom.Hulle moes nie gestaak en geweldadig geraak het nie!!!

Elinette ·

Jou kennis m.b.t. die Marikana Slagting is beperk. Al was dit nie ‘n beskermde staking nie, het die Polisie geen reg gehad om á-la-Sharpeville skerppunt ammunisie op die wegvlugtende stakendes te gebruik nie.

Dirk Mostert ·

Nege jaar later. Die regstelsel is pateties. Die polisie het die reg gehad om hulself te verdedig. Die stakers was gewapen en aggressief. Daar was intimidasie en moorde deur die stakers, maar dit tel skynbaar nie.

Pieter J ·

Verstommend hoe geweldenaars deur die huidige regering beskerm word.

Tokkel ·

Hierdie is nou afgesaag. Aarde die polisie moes hul seker met heuningkwaste gesmeer het.
Geweld gaan met geweld…moet die polisie dan staan en toe kyk, hulle het ‘n werk om te verrig!….Hulle het nie daar gehoort nie, maar die kriminele het mos meer regte in SA as die wetgehoorsames.

Elinette ·

Wat het geword van die saak teen Missus Riya Philega. destydse Polisie Kommissaris? Sy was mos ook aangekla tesame met sekere hooggeplaaste ANC-kaders.

Catherina ·

Malligheid dat beamptes aangekla word. Hoe moes hulle hulself teen hordes mense beveilig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.