Die stasiebevelvoerder van Groblersdal, kol. Lebyane Jeffrey Seroka (57), is Saterdagoggend voor sy huis in Mmaganagobuswa doodgeskiet.
Die voorval het omstreeks 04:30 plaasgevind, het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes het met die beampte se voertuig, ʼn wit Toyota Hilux, van die toneel weggery. ʼn Soektog na die verdagtes is dadelik van stapel gestuur en die voertuig is later verlate op die Dennilton/Maklerekeng-pad gevind.”
Die voorlopige ondersoek dui daarop dat Seroka vroegoggend opgestaan het en voorbereidings getref het om na ʼn begrafnis toe te gaan. “Hy het omstreeks 04:30 die huis verlaat en dit is toe hy voor sy hek doodgeskiet is,” het Mojapelo bygevoeg.
Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Jammer vir sy famielies
Hy was seker besig om sy kollegas te ondersoek
baaaaaaija hartseer nuus *saluut* kol Seroka RIV
Die motief is moord ! Stuur sy kollegas om die gemors te gaan haal .
Afgryslik en tragies
Met hierdie wettelose staat in beheer, is dit gevaarlik om die regte pad te loop, jy kan jou lewe verloor.