Polisiebevelvoerder voor sy huis in Limpopo doodgeskiet

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die stasiebevelvoerder van Groblersdal, kol. Lebyane Jeffrey Seroka (57), is Saterdagoggend voor sy huis in Mmaganagobuswa doodgeskiet.

Die voorval het omstreeks 04:30 plaasgevind, het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes het met die beampte se voertuig, ʼn wit Toyota Hilux, van die toneel weggery. ʼn Soektog na die verdagtes is dadelik van stapel gestuur en die voertuig is later verlate op die Dennilton/Maklerekeng-pad gevind.”

Die voorlopige ondersoek dui daarop dat Seroka vroegoggend opgestaan het en voorbereidings getref het om na ʼn begrafnis toe te gaan. “Hy het omstreeks 04:30 die huis verlaat en dit is toe hy voor sy hek doodgeskiet is,” het Mojapelo bygevoeg.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lorna ·

Jammer vir sy famielies
Hy was seker besig om sy kollegas te ondersoek

marius ·

Die motief is moord ! Stuur sy kollegas om die gemors te gaan haal .

Gert Johannes ·

Met hierdie wettelose staat in beheer, is dit gevaarlik om die regte pad te loop, jy kan jou lewe verloor.

christo ·

Een van my kollegas se ouer broer. Daar is vroeër verlede week gepoog om by my kollega se huis omstreeks 02:00, terwyl hulle tuis was, die veiligheidsdeure oop te forseer. Dit klink alhoemeer asof daar verband is tussen die twee sake. Noudat die korrupte polisielede een na die ander ontbloot word, sal die hulle nie skroom om te moor hulle self te ‘ beskerm ‘ nie.
Daar is soveel wantroue onder SAPD lede dat kollegas mekaar nie vertrou nie. Die korrupsie in die topbestuur is nét die oortjies van die seekoei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.