‘Polisiebrutaliteit-skokvideo’: Beamptes geïdentifiseer

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaand die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg in die skakel onderaand die berig.

Twee beamptes van die Douglasdale-polisiekantoor in Johannesburg het kennisgewings ontvang oor moontlike interne stappe nadat ʼn video van vermeende polisiebrutaliteit vandeesweek aan die lig gekom het.

Ao. Balan Muthan, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die beamptes het nog nie amptelike skorsingskennisgewings ontvang soos in sommige media berig word nie. “Die provinsiale kommissaris vergader tans met die polisie se regsafdeling. Indien hulle besluit om die lede te skors, sal die kennisgewings uitgereik word. Dit behoort voor die einde van die week te wees,” het Muthan gesê. Hy het bevestig dat die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ook die voorval ondersoek.

“Opod sal ná die ondersoek beslis watter stappe teen die lede gedoen gaan word,” het Muthan gesê.

Grace Langa, woordvoerder van Opod, het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat hulle die dossier Woensdag reeds ontvang het en hul ondersoek van stapel gestuur het.

“Daar kan nie dadelik gesê word hoe lank die ondersoek gaan duur nie,” het Langa gesê. “Die ondersoektydperk hang van verskeie faktore af. Opod neem die nodige verklarings van die slagoffers en beamptes af en het ook mediese verslae van die slagoffer aangevra.”

Nico Venter, die prokureur van die twee mans wat glo die slagoffers van die polisiebeamptes was, het aan Maroela Media gesê ʼn ondersoekbeampte het reeds met hulle in verbinding getree en hulle gee hul samewerking aan die polisie en Opod.

“Die twee mans is steeds erg getraumatiseerd en ons het aanbeveel dat hulle vir berading gaan,” het Venter gesê.

Venter het gesê hulle sal die nodige instruksies neem ten opsigte van verdere regstappe en moet ook kennis aan die staat gee indien hulle voortgaan daarmee.

Maroela Media het Dinsdag berig ʼn jong man moes magteloos toekyk hoe sy vriend en vennoot glo deur twee polisiebeamptes aangerand, gewurg en onsedelik deursoek is, kort nadat die beamptes hom met die dood gedreig het as hy sou inmeng.

Die video deel die weergawe van die mans, wat uit vrees vir viktimisering die skuilname Anton en Shane gebruik. Shane is heeltyd aan die woord omdat Anton steeds te getraumatiseerd is om oor die voorval te praat.

Maroela Media het verneem die vennote, albei 25 jaar oud en van Kempton Park, bedryf hul eie sakeonderneming en het pas werk by die Pineslopes-winkelsentrum afgehandel toe hulle op 18 Augustus in die vroeë oggendure deur twee polisiebeamptes by hul motor voorgekeer is. Anton is daarna glo aangerand en gewurg totdat hy sy bewussyn verloor het, waarna ʼn beampte glo ’n rektale ondersoek op hom uitgevoer en ook sy geslagsdele ondersoek het.

Daar word vermoed dat die beamptes na dwelms gesoek het, maar niks gekry het nie.

ʼn Beampte van die Gautengse blitspatrollie se dwelmeenheid het aan Maroela Media gesê dit is glad nie standaardprosedure om ’n rektale ondersoek in die openbaar uit te voer nie, en sodanige optrede kan moontlik aan verkragting grens.

Klik hier om die video te sien. WAARSKUWING: Die video bevat kru taal, is gewelddadig van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Riana ·

Ongelukkig gaan hiervan niks kom nie…….ek veralgemeen nie…..90% van die polisie is ons vyande en hulle maak soos hulle wil, want niks gebeur hulle kom weg met alles en nog meer, en as mense gereg in eie hande neem, word hulle lewenslange tronkstraf opgele! Sterkte vir die mense, liewe genade, kan nie eens myself indink waardeur julle moet gaan nie!! Gemors!!!

Carel Taute ·

Dit is omdat die slagoffers nie die SAPD dagvaar nie. Die SAPD moet elke keer wat hulle aanjaag gedagvaar word totdat hulle leer. Ek het die SAPD al soveel keer gedagvaar vir aanranding en onregmatige arrestasie namens kliente dat ek lankal ophou tel het. Moenie dit los nie – dan moedig jy sulke gedrag aan.

Piet Pompies ·

In Amerika is daar openbare geweld as wit op swart Polisie geweld plaasvind!
Hoekom is daar nie openbare geweld in SA as gevolg van swart op wit Polisie geweld ?

anet ·

Sterte aan die twee jongmanne, ek wens julle ‘n spoedige herstel toe. Dit is verskriklik om van hierdie aanval te hoor. Ek kan nie verstaan dat ‘n beampte kan se moontlike verkragting nie. Dit was ‘n absoluute verkragting en ook dat die jongman se waardigheid en reg tot privaatheid van sy persoon deur sulke bullebakke besoedel is, en wat hulle self POLISIEBEAMPTES noem.

Ek hoop die skuldige partye word gou aangetree, en uit die samelewing verwyder word.

Daleen ·

Verwyder hierdie beamptes uit die samelewing. Hulle het duidelik geen respek vir ander nie. As dit die manier is om onskuldige mense te behandel sidder ek om te dink wat met mense sal gebeur as die twee beamptes besluit hulle is skuldig aan enige oortreding. Hoe behandel hierdie mense hulle eie “stout” kinders? Verwyder die beamptes uit die samelewing en doen ‘n deeglike ondersoek na moontlike geweld in die gesin

John Jr ·

“kan moonlik aan verkragting grens” Wat anders is dit as verkragting? Ek glo vir daai jong man het dit niks soos “grens aan” gevoel nie!

Gary ·

Hierdie is niks anders as ‘n rassistiese aanval nie. Hoekom noem die media dit nie wat dit is nie. As die polisie wit was en die slagoffers swart, hoe sou die media dan opgetree het?

Ons lewe in ‘n siek gemeenskap.

Dan ·

Agnee wat dit is so duidelik soos daglig dat hierdie twee varke die grootste rassiste wat n mens kan kry is, en dan nog varke is wat n mens soos ek nooit in my lewe mee te doen wil he nie. nevermind wat die twee wit outjies gedoen het, is dit nie n manier hoe polisie mag optree nie. As hulle gefire word, hou dit nie die varke uit die gemeenskap nie.

CHRISTA ·

En dan beskuldig ‘n paar studente in Stellenbosch die universiteit van rassisme!!! Wat word hierdie optrede van swart polisiemanne teenoor blanke mans genoem???

Tiaan ·

Die eerste Boere oorlog het begin toe n boer met sy ossewa stop en n Engelse soldaat dring daarop aan dat hy dit moet weg vat. Die hemele hoor my, as hulle aan my gesin raak dan begin ek die volgende boere oorlog poliesie man of nie!!!!

Ouman ·

Ek verlang na die dae toe ek nog respek vir polisie gehad het. Die meerderheid van die “verskynsels” wat deesdae in SAPS uniforms rondsluip verdien geen respek of genade nie. Daar is altyd kamtige prosedures wat gevolg moet word voor sulke rubbish geskors of toegesluit kan word. Dalk is “jungle justice” die oplossing.

Magriet ·

Maroela om n waarskuwing by n video te post van oppas vir kry taal en sensitiewe kykers vrywaar julle nie van onmenslike goed post nie, oom soos die video van die man wat die kind verdrink nie.

Rasbewus ·

Ag asseblief Magriet pik by en haal die skille van jou oë af. Moet die hele land nou in duister gehou word en moet hierdie voorvalle onder ‘n mat versteek word omdat dit jou ontstel? Dit is goed dat Maroela dit ontbloot het, dit maak ‘n mens bewus wat daar buite aangaan. Gaan lees Bollie as die nuus jou pla. Gaan slaap in jou koekon en los Maroela om ons gratis met nuus te voorsien. Maroela doe so voort!

Gerhard ·

Niks gaan verander solank as wat die ANC regering aan bewind is nie. Inteendeel dit sal net slegter gaan. Die polisie het lankal reg in eie hande geneem en is besig met niks anders as ‘n skrikbewind in ons land . Hulle verteenwoordig nie meer die gereg nie maar opereer as die gereg. Die SAPD is korrup het verkanker tot in so ‘n mate dat dit net slegter kan raak. Die totale mag sal eenvoudig vervang moet word voordat hier verandering gaan plaasvind.

Johan jansen van Vuuren ·

Dis lankal nie Meer ons polisie nie, dis swart bendes in blou uniform. Zuma .word wakker, jou land op n skinkbord is besig Om Te vrot. En net jou maatjies word ryk en beskerm.Ons ander landgenote wit en swart en bruin, kreun onder jou onvermoee. A nee a.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.