‘Polisiebrutaliteit-skokvideo’: Beamptes moet sê oor ‘skorsing’

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaand die berig.

‘n Skermskoot uit die video. ‘n Skakel na die video volg onderaan die berig.

Twee beamptes van die Douglasdale-polisiekantoor in Johannesburg het kennisgewings van beoogde skorsings ontvang nadat ʼn video van vermeende polisiebrutaliteit verlede week aan die lig gekom het.

Ao. Balan Muthan, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die beamptes het nog nie amptelike skorsingskennisgewings ontvang soos in sommige media berig word nie.

“Daar is interne beleidsriglyne wat streng gevolg moet word. Die lede het kennisgewings van beoogde skorsings van die provinsiale kommissaris ontvang en het nou die geleentheid om daarop te reageer,” het Muthan gesê. “Hul terugvoer sal dan weer deur die polisiekommissaris hersien word, waarna besluit gaan word of hulle amptelike skorsingskennisgewings gaan ontvang.”

Intussen duur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) se ondersoek voort.

Grace Langa, woordvoerder van Opod, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die ondersoekbeampte sal eersdaags sy verslag gereed hê. Die verslag sal dan aan die direkteur van openbare vervolging voorgelê word, wat sal beslis oor hoe die saak verder hanteer gaan word.

Maroela Media het verlede Dinsdag berig ʼn jong man moes magteloos toekyk hoe sy vriend en vennoot glo deur twee polisiebeamptes aangerand, gewurg en onsedelik deursoek is, kort nadat die beamptes hom met die dood gedreig het as hy sou inmeng.

Die video deel die weergawe van die mans, wat uit vrees vir viktimisering die skuilname Anton en Shane gebruik. Shane is heeltyd aan die woord omdat Anton steeds te getraumatiseer is om oor die voorval te praat.

Maroela Media het verneem die vennote, albei 25 jaar oud en van Kempton Park, bedryf hul eie sakeonderneming en het pas werk by die Pineslopes-winkelsentrum afgehandel toe hulle op 18 Augustus in die vroeë oggendure deur twee polisiebeamptes by hul motor voorgekeer is. Anton is daarna glo aangerand en gewurg totdat hy sy bewussyn verloor het, waarna ʼn beampte glo ’n rektale ondersoek op hom uitgevoer en ook sy geslagsdele ondersoek het.

Daar word vermoed dat die beamptes na dwelms gesoek het, maar niks gekry het nie.

Klik hier om die video te sien.  WAARSKUWING: Die video bevat kru taal, is gewelddadig van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

anet ·

Daar word vermoed dat hulle na dwelms gesoek het ??? Het hulle enige gronde wat staaf wat hulle die vermoede gegee het, of was dit maar weer ‘n misbruik van mag teenoor onskuldige mense??? Hulle is vinning om te tree waar hulle niks verloor het nie, maar soos die afgelope naweek by die motorsport kompleks wou hulle nie eers behulpsaam wees teenoor die slagoffers nie. Hoekom?, omdat een van die skuldiges ‘n polisieman was?

James ·

Het julle dalk gewonder hoekom daar so paar weke trug poliesie dood geskied was en dat hulle hulle moses teekom wie beskerm ons van die poliesie terwyl hulle nie eers die skuldiges kan vas vat nie maar ek voor spel dat daar mob justice gaan plaas vind as dit so aan hou

pop ·

Volksmoord, die apartheid regering het mense beskerm teen alles. En nie een keer wat ek van weet is daar na swart huise deur wittes gegaan en is hulle verkrag en wreed vermoor nie. Hulle was ook veiliger as nou. En ons was Godvresend. Nou word alle vorms van onheil aan ons opgedwing.

Paula ·

Ek is so keelvol vir almal se rassistiese opmerkings in alles.!!! Alle rasse word verkrag vermoor en aangerand. Julle is heel duidelik oningelig oor wat in die vorige bedeling als aangegaan het soos soveel ander oningeligde medeburgers. Julle sien net wat julle wil sien en glo net jul eie persepsie. Julle het nie n benul watter tipe brutaliteit daar was teenoor ander rasse deur gesaghebendes nie. Julle verkies om met oogklappe rond te loop. Nog n ding wat ek nie kan klein kry nie is dat mense “claim” hulle christene is maar rasisties is. Hoe kry mens dit bymekaar. Is julle bewus daarvan dat God ALLE rasse geskape het en dat almal dieselfde bloei en dieselfde pyn beleef.

chris ·

janee Paula, jys een van die gebreinspoeldes, die ANC hou van jou en die soos jy, want dan kan hulle rustig aangaan met wat hulle besig is en julle is “none the wiser”, apartheid was dalk verkeerd in sommige mense se oe, maar een ding is verseker, die swartes was nie uitgemoor soos die blankes nou uitgemoor word onder die ANC bewind nie, ek hoop vir jou part jy word nie n teiken nie, maar jy sal nog sien, die makste hond , hy byt die seerste, so sterkte aan jou en jou naiwiteit, dit gaan jou duur te staan kom!!!

Paula ·

Ek het nie n probleem om n “joiner” genoem te word nie. En jy is reg, my dag gaan kom waar ek sal juig oor vergifnis en liefde. Ek het ook nie nodig om mooi te gaan dink nie, want ek weet die liefde in my hart wat uitspruit kom van die bron van liefde af. Ek hoef nie skaam te wees omdat ek onvoorwaarlik lief kan hê en nie velkleur raaksien nie. En ek kan roem daarop dat ek alle mense ongeag wie en wat hulle is sal respekteer.

Paul ·

Paula geniet jou droom wereld jy sal eendag wakker skrik met n “bang “

amelia ·

paula het gister komentaar gelewer is verwyder lees jou Bybel en kyk wat daar staan Duidelik weet jy nie begin by by eerste boek van bybel en sal sien van begin tot end word gepraat van sort by sort waer en grond is geskei waarom dink jy is die Istealiete uit Egipte Dol word wakker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.