Waarskuwing: Die video volg onderaan die berig. Dit is gewelddadig van aard en bevat kru taal wat sensitiewe lesers mag ontstel.
Die bestuur van die Wes-Kaapse polisie het Vrydag hul skok uitgespreek oor videomateriaal waarin polisiebeamptes ʼn naakte man in Kaapstad aanrand. Die video is reeds wyd op sosiale media versprei.
“Nadat die polisie se bestuur van die video ingelig is, het ons dadelik die beeldmateriaal nagegaan en ʼn interne ondersoek van stapel gestuur,” het kol. Tembinkosi Kinana, ʼn polisiewoordvoerder, Vrydagmiddag aan Maroela Media gesê.
Kinana het gesê die uitslae van die voorlopige ondersoek dui daarop dat die betrokke polisiebeamptes van die Kaapstad-sentraal polisiestasie is.
“Hulle optrede is nie in lyn met die polisie se gedragskode nie. Interne dissiplinêre stappe sal teen die lede geneem word. Hulle sal voor die einde van die dag skorsingkennisgewings ontvang. Ons het ook ʼn senior speurder aangestel om kriminele aanklagte in verband met die saak te ondersoek.”
Kinana het gesê die Wes-Kaapse polisie veroordeel die voorval ten sterkste. “Ons lei ons beamptes gereeld op oor menseregtekwessies en die polisie se gedragskode. Ná die voorval sal ons die pogings verskerp om te verseker dat iets soortgelyk nie weer in die toekoms gebeur nie.”
Maroela Media het vroeër berig die video wys hoe ʼn kaal man in Kensington, Kaapstad deur polisiebeamptes geslaan en geskop word. Iemand van ʼn nabygeleë kantoorblok het die voorval op ʼn selfoon afgeneem, waarna dit soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Dis n skande wat gebeur met die polisie. Is dit swak opleiding? Was dit altyd so, maar ons is nooit blootgestel daaraan? Ek hoop daardie man trek die polisie ook kaal uit, asook daardie korrupte lede. Sies julle varke ….. julle is nie eers werd ok polisie genoem te word.
Dankie aan die persoon wat dit afgeneem het dat ons kan sien wat se vuilgoed moet ons na opkyk.
More word ek ook so gehanteer. Sal net graag wil weet wat die klagte teen die persoon was.
Goeie besluit, maak so met al hierdie SAPD-lede wat hulle skuldig maak aan aanranding en sommer diefstal ook. Weg met julle.
Jasper ek wou self die vraag gevra het.
Hoe onmenslik!!!! Absoluut GEEN genade vir daardie SAP lede. Nie net skorsing, swaar tronkstraf, waar met hulle in die tronk gedoen word wat hulle aan die arme man gedoen het. Maak nie saak wat sy oortreding was, die soort behandeling is darem te brutaal!!!
Dit is somer net ‘n klomp onsin om so aan te gaan en dit is wit mense ook nog! sies… Ek is self ‘n wit mens – maar jinne, erg is darm te erg!!!!!