Polisiebrutaliteit-video: beamptes geskors

Beeldmateriaal van die video

Beeldmateriaal van die video

Waarskuwing: Die video volg onderaan die berig. Dit is gewelddadig van aard en bevat kru taal wat sensitiewe lesers mag ontstel.

Die bestuur van die Wes-Kaapse polisie het Vrydag hul skok uitgespreek oor videomateriaal waarin polisiebeamptes ʼn naakte man in Kaapstad aanrand. Die video is reeds wyd op sosiale media versprei.

“Nadat die polisie se bestuur van die video ingelig is, het ons dadelik die beeldmateriaal nagegaan en ʼn interne ondersoek van stapel gestuur,” het kol. Tembinkosi Kinana, ʼn polisiewoordvoerder, Vrydagmiddag aan Maroela Media gesê.

Kinana het gesê die uitslae van die voorlopige ondersoek dui daarop dat die betrokke  polisiebeamptes van die Kaapstad-sentraal polisiestasie is.

“Hulle optrede is nie in lyn met die polisie se gedragskode nie. Interne dissiplinêre stappe sal teen die lede geneem word. Hulle sal voor die einde van die dag skorsingkennisgewings ontvang. Ons het ook ʼn senior speurder aangestel om kriminele aanklagte in verband met die saak te ondersoek.”

Kinana het gesê die Wes-Kaapse polisie veroordeel die voorval ten sterkste. “Ons lei ons beamptes gereeld op oor menseregtekwessies en die polisie se gedragskode. Ná die voorval sal ons die pogings verskerp om te verseker dat iets soortgelyk nie weer in die toekoms gebeur nie.”

Maroela Media het vroeër berig die video wys hoe ʼn kaal man in Kensington, Kaapstad deur polisiebeamptes geslaan en geskop word. Iemand van ʼn nabygeleë kantoorblok het die voorval op ʼn selfoon afgeneem, waarna dit soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eben ·

Dis n skande wat gebeur met die polisie. Is dit swak opleiding? Was dit altyd so, maar ons is nooit blootgestel daaraan? Ek hoop daardie man trek die polisie ook kaal uit, asook daardie korrupte lede. Sies julle varke ….. julle is nie eers werd ok polisie genoem te word.

Dankie aan die persoon wat dit afgeneem het dat ons kan sien wat se vuilgoed moet ons na opkyk.

Jasper ·

More word ek ook so gehanteer. Sal net graag wil weet wat die klagte teen die persoon was.

Danielle ·

Goeie besluit, maak so met al hierdie SAPD-lede wat hulle skuldig maak aan aanranding en sommer diefstal ook. Weg met julle.

Jasper ek wou self die vraag gevra het.

Phillip ·

Dit is inderdaad 2014… ons het dit reggestel. Dankie dat jy laat weet het :)

johanna ·

Hoe onmenslik!!!! Absoluut GEEN genade vir daardie SAP lede. Nie net skorsing, swaar tronkstraf, waar met hulle in die tronk gedoen word wat hulle aan die arme man gedoen het. Maak nie saak wat sy oortreding was, die soort behandeling is darem te brutaal!!!

estelle ·

johanna die arme man verkoop 10 teen een aan ONS kinders dwelms!

cindy Louw ·

Dit is somer net ‘n klomp onsin om so aan te gaan en dit is wit mense ook nog! sies… Ek is self ‘n wit mens – maar jinne, erg is darm te erg!!!!!

adriaan ·

die veit dat hulle hom tussen die bene skop en slaan laat my glo hy is gevang i vrou verkrag en as dit die geval is dan se ek bravo saps,jou deserve a bells……………almal is vinnig om die saps gas te gee oor brutality maar wie gee die buitelanders wat sa in stroom gas oor brutality waneer hulle ons sa wreed aardig doodmaak en ons vroue en dogters verkrag.

NX6754 ·

Ek stem saam met Adriaan. Die video wys geen audio dialoog nie so dis baie subjektief. Ons weet nie wat die aanklag is nie en nog minder wat die woordewisseing was. En ja wat van so baie van ons mense wat doodgemaak word. Daar is die polisie en die gereg weer te sag. En dis nie net uitlanders nie. Die moordenaars is meestal Suid Afrikaners.

estelle ·

adriaan ek stem saam met jou! andersins is hy gevang met dwelms! dit is scary hoeveel van die nigerieers saam met wit meisies (wat gehook is) slaap en gee dan vir hulle ‘n fix! ek het geen simpatie met enige nigerian nie! sou dieselfde gedoen het as die polisie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.