Polisiebrutaliteit-video: Twee in hof

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Twee voormalige polisiebeamptes wat in Kaapstad afgeneem is terwyl hulle glo ʼn naakte man aangerand het, het Maandag in die hof verskyn.

Die saak teen David Gunn (43) en Gerrit Januarie (46) is in die Kaapstadse gemeenskapshof aangehoor weens ‘n agterstand by die Kaapstadse landdroshof.

Gunn en Januarie het verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Gunn, ‘n voormalige adjudant-offisier, is in Mei uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ontslaan. Januarie het bedank voor tugstappe teen hom gedoen kon word.

Isaac Korasie, Januarie se regsverteenwoordiger, het die hof gevra om die saak tot 19 September uit te stel. Grant Smith, Gunn se regsverteenwoordiger, was ongelukkig hieroor aangesien sy kliënt gereed is om voort te gaan met die saak.

Die hof het die versoek om uitstel toegestaan maar benadruk dat die verhoor op 19 September sal begin.

ʼn Vrou het in Maart haar selfoon gebruik om ʼn voorval af te neem waar ʼn Nigeriese man deur polisiebeamptes in die straat aangerand word. Die videogreep het opslae gemaak op sosiale media.

Twee polisiebeamptes boei die man, en twee mans met neongeel-veiligheidsbaadjies hou hulle dop. Een van die beamptes trek die man se broek uit en laat hom ontbloot in die straat staan. Die man word dan geskop en geslaan terwyl sy arms vasgehou word.

Lees ook:
Polisiebrutaliteit-video: Beampte ontslaan
Polisiebrutaliteit-video: Borgtog toegestaan
Polisiebrutaliteit-video: Twee vas
Polisiebrutaliteit-video: Beamptes geskors
Vermeende polisiebrutaliteit afgeneem

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

J.G. van der Merwe ·

Ja miskien kan n mens kwaad wees vir die polisie maar ek twyfel of die man wettig in die land is. Die polisie sal nie net iemand onnodig uittrek en aanrand nie.

Belinda ·

Sies Slim Daan :-) ag ons weet wat hy bedoel…………….. :-)

Estelle ·

Nigerian!!!!!!!!!!!!!!! was seker gevang met dwelms, hulle moes hom dood gewetter het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.