Polisiebrutaliteit-video: Twee vas

Beeldmateriaal van die video

Beeldmateriaal van die video

Waarskuwing: Die video volg onderaan die berig. Dit is gewelddadig van aard en bevat kru taal wat sensitiewe lesers mag ontstel.

Twee polisiebeamptes van Kaapstad se sentrale polisiestasie is vas nadat hulle ʼn glo ʼn man aangerand het terwyl hulle hom in hegtenis geneem het. Die voorval is deur toeskouers op video vasgelê.

Die twee beamptes sal na verwagting Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Die bestuur van die Wes-Kaapse polisie het Vrydag gesê hulle het dadelik ʼn interne ondersoek van stapel gestuur en dissiplinêre aksie geneem teen die beamptes wat afgeneem is. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) en die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek ook die voorval.

Maroela Media het Vrydag berig die video wys hoe ʼn kaal man in Kensington, Kaapstad deur polisiebeamptes geslaan en geskop word. Iemand van ʼn nabygeleë kantoorblok het die voorval op ʼn selfoon afgeneem, waarna dit soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.

Die polisie het nog nie amptelik bekendgemaak waarom die man in die video in hegtenis geneem is nie. Onbevestigde gerugte doen die rondte dat die man glo ʼn kind wou molesteer.

Lees ook:
Polisiebrutaliteit-video: beamptes geskors

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Danielle ·

Ek stem hoegenaamd nie saam met enige vorm van brutaliteit nie, beslis ook nie waar lede van die SAPD hulle daaraan skuldig maak nie. Indien dit waar is dat die man wat in hegtenis geneem is wel ‘n kind wou molesteer, dan is ek jammer hy is nie bewusteloos geslaan nie. Vir al wat mens weet sou hy nog die kind vermoor het ook.

Rita ·

Ek hoop van harte die persoon wat braaf genoeg was om te skree dis nie hoe mens mense hanteer is nie ook toe aangerand nie.

Hanlie ·

Ek is glad nie vir enige vorm van brutaliteit nie. Indien die “rumours” waar is dat die man ‘n kind wou molesteer is ek egter jammer dat hy nie swaarder daarvan af gekom het nie. Ek kan verstaan waarom die polisie dan so optree. Word hy gevang nadat hy ‘n kind gemolesteer het sit hy “miskien” in die tronk “eendag” indien sy hofsaak afgehandel word…….

delia ·

Jammer maar ek staan saam met die Polisie. Hulle hande is afgekap en hulle gemoedere loop hoog. En as hierdie man wel probeer het om n kind te molesteer is dit goed dat hy n lekker pak slae gekry het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.