Polisiedossiere oor anti-apartheidsaktivis se dood bekendgemaak

Ahmed Timol. Foto: http://www.sahistory.org.za/

Ahmed Timol. Foto: http://www.sahistory.org.za/

Die geregtelike doodsondersoekdokumente na die dood van Ahmed Timol, anti-apartheidsaktivis en politieke leier, sal Dinsdag op die 44ste herdenking van sy dood aan die publiek beskikbaar gestel word.

Die Ahmed Kathrada Foundation (AKF) het Saterdag gesê die dokumente sal tydens ʼn geleentheid by die Johannesburgse Sentrale Polisiestasie oorhandig word, dieselfde gebou waar Timol na bewering na sy dood gespring het.

Timol, ʼn onderwyser en lid van die SA Kommunistiese Party en Umkhonto we Sizwe, is op 27 Oktober 1971 in polisieaanhouding by die destyds berugte John Vorster Plein polisiestasie dood. Alhoewel polisieverklarings beweer het hy is dood nadat hy uit ʼn venster op die tiende verdieping gespring het, het bewyse later aan die lig gekom wat getoon het Timol is erg deur polisiebeamptes gemartel en is waarskynlik in polisie-aanhouding dood, het die AKF gesê.

“Nou, meer as vier dekades later, word ʼn stel geregtelike doodsondersoekdossiere wat deur een van die familie se regsverteenwoordigers, Mia Ahmed Loonat, gehou is, bekendgemaak,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê. Die dokumente is intussen deur die Wits Historical Papers Research Archive gedigitaliseer.

Neeshan Balton, direkteur van die AKF, het Loonat bedank vir die skenking van die dokumente aan die organisasie. Hy het gesê die dokumente verskaf waardevolle insig in die die apartheidsadministrasie se hantering van sterftes in polisie-aanhouding.

“Hierdie dokumente het besondere historiese waarde. Hulle vang nie net die polisie se weergawe van Timol se dood vas nie, maar bevat ook verklarings van sy ouers, briewe en selfs afskrifte van die sogenaamde ‘onwettige’ pamflette wat in sy motor gevind is voordat hy in hegtenis geneem is,” het Balton gesê. “Die dokumente herinner ons aan die onmisbare rol wat aktiviste soos Timol en ander wat in polisieaanhouding dood is, gespeel het in ons stryd om vryheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Winston ·

Hoe so Jaco? Dit was mos net die apartheids regering wat gewelddadig was. Die ANC het niks gedoen en niemand gedood of beseer nie. Terrorisme was n mite wat opgedis was. Onskuldige mense is gedood sonder rede? Die huidige regering bedrieg erger as die apartheids regering.

MissDemeanor ·

Sjoe, vrot tikfoute wat ek met my dik vingers op die selfoon maak :/

Johannes ·

Jy kan nooit terreur regverdig nie! Die ANC terroriste was ‘n klomp lafaards wat te sleg was om die weermag aan te vat. Die grootste fout wat ons kon maak was om met hulle te probeer onderhandel. Nou regeer dieselfde terroriste hierdie land en die resultate spreek vanself

Paul ·

Ag asseblief, ek dink jy gaan met oogklappe deur die lewe. Ons land is soos die spreekwoordelike perels voor die swyne gegooi om in die modder vertrap te word omdat die prys van die 30 sikkels silwer hoog genoeg was vir die geskiedenis se grootste verraaier om te doen wat hy gedoen het.

Jz ·

Wat van die ANC o se daade op sy eie mense.Daar word net vir poletieke gewin en om die aandag van hul self af te trek.wat van die boere moorde wat so ontken word deur die ANC en die regering. Laat hulle die dosiere n bietjie vry stel.

Manie ·

Hoeveel boere hulle vrouens en kinders word byna daagliks vermoor gemartel en aangerand onder die ANC Regering bewind Wat doen hulle daaromtrent?

Martin ·

Nou al!? Gaan hulle die geskiedenis weer probeer herskryf en n Netanyahu op ons trek?

MissDemeanor ·

Moenie altyd alles glo wat jy dink nie. As dokumente publiek gemaak word beteken dit dat jy as lid van die publiek self daarna nag kyk. Dus nie ‘n herskrewe geskiedenis boek nie.

Paul ·

Die anc is baie slimmer as dit, hulle het die dokumente al 21 jaar tot hul beskikking en het dit gekook en verander totdat dit hul agenda pas. Noudat die studente besig is met ‘n tipiese rewolusie aksie moet hulle nou vinnig iets opdiep en poleer en op die tafel plaas om die anc beter te laat lyk. Ek wonder wie is aan die slaap en glo al die liberale aanbieding as die heilige waarheid.

antonie ·

Die anc gebruik die ou insident om nou politieke gewin te maak. Tydens die wvk het tutu skril gekerm en getjank oor hierdie tipe marteling, maar het geen emosie getoon oor ander moorde op die witmense en boere deur landmyne nie

nico ·

N truuk van die anc verkiesing tyd daar kom nog baie tipies van n banggat regering

Gesie ·

MissDemeanor, miskien is dit nodig dat jy onpartydige en objektiewe deeglike navorsing gaan doen oor SA se geskiedenis en nie net alles glo wat jy hoor en aan jou opgedis word nie. Ek verseker jou verder, as die hedendaagse ‘aktiviste’ jou in die hande kry, sal hulle jou ook met strykysters brand en martel vir die laaste R3 in jou beursie, of jy nou met hulle hand om die lyf staan of nie.

Winston ·

Gesie. Sommige mense word dom gebore en daar is nie pille beskikbaar vir te min breinselle nie.

SNEL ·

Ek wonder net wat van daardie (swart) polisieman geword het wat die (wit) vrou sonder rede daar n haar kar voor die polisiestasie doodgeskiet het. Van sulke goed hoor jy niks en dit word onder die mat ingevee, maar apartheid se goed word soos ou koeie, elke moontlik geleentheid weer opgegrawe en dan oor dit gehuil en treur vir weke. Wat van die mense wat tans in ons land so vermoor word en dan is polisie weereens betrokke by misdaad en geweld. Wag ek luister…nee, niks, ek hoor niks wat met hulle gebeur nie.

Jan maak n Plan ·

Dis absoluut ironies dat die ANC regering se polisie, n 44 jarige saak kan oplos maar hulle kan nie eens huidige sake op los soos bv. die De Zalse Landgoed saak nie. Duidelik watter sake hulle agenda pas ne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.