Polisieduiker een van vyf wat in Oos-Kaap sterf

Swaar reën het die naweek oor groot dele van die Oos-Kaap uitgesak. (Foto: @ZiyaMadlakes/Twitter)

Minstens vyf mense, onder wie ʼn polisieduiker, is dood in kitsoorstromings weens swaar reën in die Oos-Kaap.

“Ons het tot dusver vyf sterftes gehad, wat ʼn polisieduiker insluit,” het Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier, Sondag tydens ʼn besoek aan die geraakte gebiede gesê.

Swaar reën het Saterdag oor die suidoostelike dele van die provinsie, wat Mdantsane en Oos-Londen insluit, uitgesak en het binne enkele ure plek-plek groot oorstromings veroorsaak. Mdantsane is een van die woongebiede wat die ergste getref is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theo ·

Miskien moet daar ingekyk word na die Munisipaliteite wat nie die stormwater dryne skoonhou nie wat vloede in stedelike gebiede kan verminder…

Toffie ·

Ook diegene wat onder die vloedlyn bou, dis ‘n ramp wat wag om te gebeur.

Herman ·

Ek glo nie stormwater dreine sal die water van die afgelope maande gekeer het nie.

Theo ·

Herman, dit kan dalk so wees maar dit sou n groot verskil gemaak het, gaan kyk in die stede as dit vloed in die strate, die dreine is verstop en dit dra by tot erger vloede. As dit n rivier is wat oorspoel ja dan sal dit nie help nie maar baie dorpe verspoel en dan is daar nie eens n rivier naby nie…

Delia ·

Daar Val verseker Baie water, maar sekere plekke word geklassifiseer as oorstromingsgebiede, maar die afvoer pype word nie skoongemaak en die gate is ook nie Meer bedek nie.
So enige vullis en selfs honde Kan daarin Val.

Marius ·

Word daar ooit nog gekyk na die 10 en 20 jaar vloedlyne wanneer daar areas uitgesit word vir behuising en ontwikkeling ?

Shakespeare ·

RIV dapper held. SAP duikers is die room van ons land.

Surfer ·

As hulle nie al hul vullis en plastiek rond strooi nie sal die water beter weg vloei, maar kyk maar om hierdie nedersettings, aaklig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.