
Die Klipvoor-damwal Foto: borakalalo.co.za
Die polisie in Noordwes is op soek na ʼn man van Zimbabwe wat vermoedelik in ʼn plaaslike dam verdrink het.
“Gibson Mkhondo (44) se vriende het hom Saterdag as vermis aangemeld,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy en twee van sy vriende het glo Vrydagaand omstreeks 23:00 by Klipvoor Borakalalo-natuurreservaat gaan visvang. Die drie het hul nette in die water gelê, maar Mkhondo het nie teruggekeer nie.”
Die man het vermoedelik verdrink.
Die Brits- en Jericho-polisie soek al sedert Sondag tevergeefs na hom.
“Sy twee vriende is vroeër aangekla van betreding, maar die saak is in die hof teruggetrek,” het Ramaloko bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Vrydagaand 23h00 (let op spelling) is eintlik al middernag en is dit vir moeilikheid soek in ‘n dam.
Omdat hul ook geweet het hul hoort nie daar was hul bedrywighede seker ook in die donker uitgevoer.
Jare terug toe ek laas daar kurpers gevang het ek n paar kroks daar gesien. Wonder of hulle nie dalk n aandeel in sy verdwyning gehad het nie1
Die “kroks” beskerm maar net hul blyplek!!