Polisiegeneraal ontslaan weens rassisme jeens wit mense

Sandra Malebe-Thema. Foto: Facebook

Die vakbond Solidariteit het Donderdag bekendgemaak dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ná ʼn interne ondersoek die hoof van basiese polisie-ontwikkeling, genl.maj. Sandra Malebe-Thema, aan rassisme skuldig bevind het.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, het Malebe-Thema haar in 2016 tydens ʼn byeenkoms by die SAPD se Opleidingsakademie op Oudtshoorn skuldig gemaak aan rassistiese en vernederende opmerkings teenoor verskeie opleidingspersoneellede.

Van der Bijl sê die generaal het aangevoer daar is te veel wit gesigte wat posisies in opleiding beklee en dat “diskriminasie” teenoor swart studente stopgesit sal word. “Tydens dieselfde geleentheid het sy ook onvanpaste opmerkings oor ʼn geselekteerde groep personeellede se kleredrag en gewig gemaak.”

Die vakbond het dadelik opgetree deur in November 2016 ʼn formele klag by die Menseregtekommissie (MRK) in Kaapstad in te dien. Solidariteit het die druk volgehou deur hom in Mei 2017 tot die Arbeidshof te wend, om die SAPD te dwing om ʼn interne ondersoek teen Malebe-Thema van stapel te stuur.

Ek glo dit sal ʼn les vir Suid-Afrika wees.

Van der Bijl sê die sanksie het bevind dat Malebe-Thema geen berou vir haar optrede toon nie en dat sy gedurende die ondersoek steeds volgehou het sy het niks verkeerds gedoen nie.

Voorts is bevind die generaal se selektiewe uitlatings het emosionele skade by die betrokke personeellede veroorsaak, wat hul werk en persoonlike lewe nadelig beïnvloed het. In die lig hiervan is bevind Malebe-Thema moet met onmiddellike inwerkingtreding ontslaan word.

Van der Bijl meen dié saak is een van die seldsame geleenthede waar geregtigheid geseëvier het in ʼn geval waar ʼn swart mens blatant rassisties was teenoor wit mense. “Ons is uiteraard verheug oor die uitkoms aangesien Solidariteit baie moeite gedoen het om te verseker dat die SAPD sy verpligting nakom om op te tree.

“Ek glo dit sal ʼn les vir Suid-Afrika wees dat rassisme nie kleurblind is nie,” sê Van der Bijl.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Dereck Le Roux ·

Solidariteit wat van tronkstaf om ware geregtigheid van rassisme teenoor witmense te weerspieel? Die generaal sal net deur die swart ANC regering in ‘n ander pos en in ‘n ander hoedanigheid herontplooi word om seker te maak sy verloor nie haar plek op die soustrein nie.

Wilma Botha ·

Wil net weet gaan Solidariteit werk daar aan dat sy ook tronk toe gaan. Dalk 3 jaar sal dalk genoeg wees. Mense begin regtig nou g#t vol word vir dubble standaarde met rasisme. Die vorige weermag ou hoef slegs verskoning te vra sy gaan seker ‘n goue handdruk kry en on ‘n ander pos aan gestel word.

Hennie ·

Vat so! Lekker. Ek hoop sy is vrot van die skuld en dat sy nie werk kry nie! Tyd dat die ding haar gat goed sien!

Oog ·

Mooi man.Hoop dis n les vir die wat dink hulle kan rassisties teenoor blankes wees.
Nou byt die rassisme hulle aan die hakskeen.

Neh ·

Gou so ene laat gebeur voor verkiesingstydperk….seker net dat mense aanhou ANC stem…

Adam ·

Neh die logika in jou argument is verstommend. Beweer jy dat blankes vir die ANC sal stem omrede ‘n swart persoon ontslaan is deur die pleeg van ‘n rassistiese handeling of dink jy daaar sal meer swart mense vir die ANC stem omrede een van hul eie mense ontslaan is agv rassisme. Ek kan jou verseker beide opsies is verkeerd. Welgedaan Solidariteit!!

Lekker man ·

Waar is die reuse boete en tronkstraf? Julle mislei ons net soor die verkiesing. Dink daar moet n groter bohaai gemaak word hieroor, soveel so dat haar hele lewe ook omvergegooi word soos 2 ander welbekendes.

Remondo ·

Dis awsome dat regverdigheid geskiet- wonder maar hoekom het dit so lank gevat?

Johanné ·

Ons word net mislei voor die verkiesing. As julle mooi ingaan op die “afdanking”, sal julle vir seker sien dat sy afgedank is met ‘n pakket genoeg om haar van ‘n salaris te voorsien tot by haar aftreedatum

Mags ·

Hahaha.. verseker.. en Dan Gaan sy nou ook n pos in die parliment aangebied word.

Chris ·

Sy, soos so baie ander, moes nooit in die pos aangestel gewees het nie! Ek sal graag wil sien dat die president en ook ander wat sulke aanstellings maak en bevorder, ń taxi bestuurder op dieselfde gronde, sonder ervaring of kennis, aanstel, om hul privaat stralers te vlieg!
Die gemors wat na so ń aanstelling gaan plaasvind, sal die gevolge meer persoonlik maak en hopelik aan hul demonstreer hoe belaglik hul is met die soort aanstellings!
Hoop net hul skrik wakker en sien dat die hele land se ‘lewens’ in gevaar verkeer agv hierdie hardnekkige, sinnelose en idiotiese aanstellings!!!
Dalk verwag ons te veel! You cannot teach an old dog new tricks and some dogs cannot be taught at all!!

Afrikaan ·

Goed so maar die verdomde rassis sal net terugkom in ‘n ander pos. Dis tyd dat die witmense in SA begin opstaan en baklei!

Binx ·

Die haat en bitterheid kan in haar oë gesien word. Sssssslang. Sy lyk bietjie jonk vir generaal wees….of is ek verkeerd?

PJC ·

Haar maatjies in die ANC is seker besig om vir haar ń lekker pos in ń ander staatsdepartement te laat skep.

humor ·

Eben dit moet wees, want haar hele lewensbenadering is dan skeef.

Mamie ·

Hoekom in die liewe lewe sal enige iemand negatief wees? Sy is gefire!!! En hkm sal sy n hoeer pis kry? Dieselfde mense wat baklei het om hasar gefire te kry sal sekerlik seker maak sy kry nie n hoeer pos nie.

AJ ·

Ek sal net graag wil weet, hoe de ongeluk het sy in die eerste plek, die rang van Generaal Majoor bekom??

Kan Jy Glo ... ·

This might come back on the long run and bite the members who complained and or submitted statements agains the General….

It is a General Known Fact that Senior Management (General ranks), in most part are “politically influenced appointees”.

If you look at the Generals medal ribbon bar; that she was all ready a member on or before the 1st April 1988. (75 commemoration medal).

The general has the old SAP ten and twenty faithful service medal.

Thinus Erasmus ·

Kan jy Glo, dit mag dalk wees dat sy 30 jaar diens het, maar hoe lyk daai diens rekord?
Ken iemand haar en haar loopbaan – vertel ons meer. Wat sal dit help, dis General Knowledge dat SAPD nie meer dieselfde hoe standaarde het as 30 jaar gelede nie.

KAN DIT GLO ·

Sy was steeds rassisties, maak nie saak watter medalje sy gehad het nie. Sy jy met ander woorde mense wat in apartheidsera hulle medaljes en kwalifikasies gekry het kan NIE rassisties jeens blankes wees nou dat bash the white ‘n nasionale sport geword het nie? Wat kan sy aan enigeen doen? NIKS >. laat haar teruggaan huistoe.

Hennie ·

Hoekom voel ek aan my bas hierdie is nog lank nie die einde van die verhaal nie?

Ja Nee ·

Baie isoleerde geval, wat van die duisende ander wat niks oorkom nie. SA SAL ALTYD DIE LAND VAN ONGELYKHEDE WEES.

anton ·

Ja ek gaan nie regtig opgewonde raak nie want hulle sal sorg dat sy maar net in n ander pos aangestel word of n pakket kry wat skrik vir niks!!!
Hulle(anc) is so verrot dat hulle haar eerder as n ‘hero’ sal beskou as n oortreder.
Hulle sorg almal vir mekaar met ons belasting geld.

Basjan ·

Lees die volgende sin mooi aandagtig deur:

“In die lig hiervan is bevind Malebe-Thema moet met onmiddellike inwerkingtreding ontslaan word.”

Nêrens word vermeld dat sy inderdaad wel ontslaan is nie. Dit was net “bevind” dat sy ontslaan word. Kan iemand vir my hierdie punt uitklaar, asseblief?

Johan ·

Ek dink solidariteit moet haar bewegings dophou…sy sal wel weer in die polisie êrens of in staatsdiens aangestel word……sy het seker n lekker pakket gekry…sal dan lekker vakansie hou en later weer indiens geneem word…..jammer maar dis hoe dit werk in die land

willem Botha ·

Dit is wat gebeur as jy onbevoegde persone in poste het wat nie daar hoort nie,net hartseer dat n organisasie soos solidariteit moes baklei hiervoor.Die sapd sou meer respek gekry het sou hulle self n ondersoek gedoen het.

Jr ·

Wel dit is so dat sy ń ander posisie sal kry , maar as sy dit weer doen, le klagte weer. Sy het klaar iets teen haar wat baie gewig dra. Mense besef nie die werk wat Solidariteit doen
Ek weet want hulle het my verdedig in ń saak waar ń swart werker my beskuldig het van rassisme. Hulle het 60 verskille in hom en sy getuinis uitgewys. Net omdat ek hom gedissaplineer het. Wel gedaan SOLIDARITEIT

AH ·

Ja, inderdaad, “smoke & mirrors” gebruik om almal te laat glo hulle doen die regte ding. Sy is seker “off the record” ingelig dat sy vergoed gaan word met ‘n ander/beter pos. Tronkstraf en ‘n boete sou my laat glo het dat daar waarheid in steek.

A Mac ·

Goed gedoen, maar hierdie is net een padda in die dammetjie, wat van al die ander paddas wat saamsing in die rassisme-koor op elke verhoog, strand en ander plek en dit blyk dat niks daaromtrent aan die gebeur is. Kan ook sê dis een kraai wat se vere gepluk is, maar die ander lot kraaie krys maar voort op die rassisme-snaar.

Heksie ·

SAPS gaan haar steeds ‘n salaris betaal en oor ‘n jaar of wat weer in diens neem … “mark my words”

emily ·

Ag asb, vir hoe lank voor sy terug is in haar werk. Raak ontslae van alle korruptes in alle besighede.

Johnnie ·

Haar volgende pos is n politieke pos in die anc of eff kyk maar as solidariteit haar nie strafregtelik gaan aankla nie is dit haar voorland. Waar is Gerry Nel laat hy haar aankla.

DeVill ·

“Major-General Malebe-Thema is listed as founder and executive chairman of the Re-Bafenyi Victim Empowerment Centre which received a reported R270,000 for around 100 patients transferred there. Malebe-Thema, who was a brigadier and resigned from SAPS in 2013, allegedly to avoid charges of misconduct, was re-employed in March 2016 after Phahlane’s appointment in 2015. She boasts several business interests on her LinkedIn profile, including mining, catering, and “events and logistical” supplies, some of which are listed on government’s central supplier database.”

Hoe kry hierdie mense nog werk? Hoe op aarde kry hulle nog SENIOR posisies. Dit is om van naar te word.

Blommie ·

Dit maak mens BITTER om te din dat daar werklik eerlike (ongeag vel kleuR) mense is wat vrek hard werk en wat sulke posisies verdien, mar dit nooit sal kry omdat hulle net te eerlik is.
Dis n skande,

Al ·

Goeie nuus!
Trots op jul Solidariteit.
Mense van haar kaliber dink dis hul reg om sulke uitsprake te maak.

Spike ·

Onthou, sy is ñ comrade en kader. Hulle sorg vir onbevoegdes, want dit is hulle waardes.

Msp ·

Baie dankie vir julle puik werk Solidariteit. Ek vowl bevoorreg om ń lid van julle asook Afriform te wees.

ZOEYE ·

ek’s seker syt gaan ‘n lekker lang vakansie neem
en dan sal ons haar sien in die groen geel en swart
of sal sy vir Juju gaan werk
dankbaar oor die uitkoms maar ek glo nie dit vir haar ‘n verlies
goeie werk! goeie nuus

madels ·

So bly! hulle dink mos hul kan se en doen net wat hul wil en ALTYD daarmee wegkom….. ALTYD is n groot woord!

charmaine ·

Oe verblindery, intussen tot nou het sy lekker vet salaris gekry.

Eugene ·

Ok. Nice. Kan sy nou strafregtelik aangekla word en tronkstraf kry, aangesien rassisme onwettig verklaar is?

D B ·

En nou is haar CV volledig…volgende kry sy ‘n pos as minister.

christa ·

pragtig, wel gedaan Solidariteit!!!!. Sy’t gekry wat sy gesoek het.

Pierre ·

Ek stem vir tronkstraf…. maak van haar n voorbeeld soos hulle met Vicky gemaak het of laat Vicky gaan.

wonder ·

Stem Saam Pierre, as sy nie tronk toegaan nie laat al die ander witte vry wat oor racisme in tronk is!!!!!!!!

Elvira ·

Dankie Solidariteit. Hou maar n ogie oor hierdie madam. Voor julle weet is sy n Generaal en terug in diens. Thats how the cookie crumbles.

Tammy ·

Baie dankie aan Solidariteit vir hierdie enorme groot taak wat suksesvol geeindig het. Julle het ontsettend hard gewerk aan hierdie saak, en deur en deur bewys dat julle vir geen rassis sal terugstaan nie. Duisend dankies. Ek kan sien daar is n donker kombers oor daai groot ego wat nou tot in sy fondament geskud is!! Dit gaan tyd vat om so n goot terugslag te verwerk, veral noudat die groot ego geknak is.

Wonder_Maar_Net ·

Die saak het 2 jaar en 2 maande gevat om tot n gevolgtrekking te kom. Wonder hoe lank gaan dit wees voordat die Schweizer-Reneke onderwyseres wat dadelik geskors is afgehandel gaan wees, seker nie n week nie…

Hannelie ·

Lekkerrr…hoe voel dit om aan die ontvang kant te wees. Ek is bly iewers gebeur dinge. Hoop nie sy kry ooit werk nie

LHS ·

Vooraf beplande gereëlde uitspraak om as n troefkaart vir die buitelandse druk te gebruik. Hierdie kader sou nie in daardie pos gewees het as sy nie n ANC VIP was nie. Vind maar uit wat haar pakket gaan wees en ook volgende aanstelling.

Mareli ·

Op haar voorkop staan sommer “bedonderd” en bly uit my pad.

Elizabeth ·

Chris, jy is reg!! Die parlement behoort aan te dring dat ‘n oudstryder met ‘n motorlisensie as vlieënier van die prez se privaatstraler aangestel word en ‘n eks-tuinwerker as ingenieur!! Hoekom is sy vliegtuigpersoneel dan die uitsondering wat BEE betref??

Philip ·

Gaan sy nie tronk toe nie. Golden handshake natuurlik. O Vergeet sy is nie wit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.