Polisiegeneraal sterf in gru-botsing

Die polisie op die toneel. Foto: Verskaf

Pat Ngomane, LUR van gemeenskapsveiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, het sy meegevoel betuig aan die geliefdes van vier mense wat Donderdag in twee afsonderlike ongelukke in die provinsie dood is.

Een van die oorledenes is ʼn generaal wat glo verbonde is aan die Nelspruit-polisie. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

Joseph Mabuza, Ngomane se woordvoerder, het gesê die generaal is dood in ʼn trompop botsing tussen sy Ford Focus ST en ʼn Toyota Hilux-bakkie.

“Die botsing het omstreeks 11:40 op die Schoemanskloof-pad naby die Bambi-hotel plaasgevind. Die generaal en die bestuurder van die bakkie is op slag dood,” het Mabuza gesê. Die presiese oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en word ondersoek.

In die ander botsing is twee mense dood toe ʼn vragmotor se sleepwa afgehaak het.

“Die voorval het die oggend op die N4-snelweg tussen Alzu en Wonderfontein plaasgevind. ʼn Bakkie het agter ʼn vragmotor gery toe die vragmotor se sleepwa afgehaak en in die pad tot stilstand gekom het. Die bakkie het die sleepwa getref.”

Volgens Mabuza het die bestuurder van die vragmotor en die bakkie uit hul voertuie geklim om die skade aan die voertuie te ondersoek, toe twee ander voertuie hulle getref en doodgery het.

Die insittendes van dié motors het geringe tot ernstige beserings opgedoen.

Ngomane het die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens. ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die voertuie se wrakke. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

leser ·

wat van meganiese instandhouding? sleepwa hak nie net af nie

Nettie ·

@leser – jy sal verbaas wees as jy weet hoeveel trokbestuurders ry met voertuie wat hulle goed wéét nie padvaardig is nie.

Een aand, nie so lank gelede nie, kry ek ‘n dubbel-platbak vragmotor oppad huistoe tussen Worcester en De Doorns: GEENEEN van die agterligte werk nie en toe ek hom verbygaan, sien ek slegs sy “mis-ligte” is aan (dis al donker-aand). Ek beduie toe vir hom om te stop, wat hy doen. Toe ek naderstap en vir hom wys daarop dat geeneen van sy agterligte werk nie en sy hoofligte ook nie aan is nie, sê hy doodluiters dat hy weet dat nie sy agter- of voorligte werk nie ….. en ry doodluiters aan.

En waar is ons “Ruiters van die Paaie” (verkeersbeamptes) dan? Hulle skitter in hul afwesigheid.

juan ·

Miskien maar as jy na die skade kyk het die ST defnitief baie vinnig gery.

Ver links ·

It is so sad and all our sympathy to the ANC and the family for their great loss. RIP General.

Liberaal ·

Mooi gebaar my linkse vriend. Moet ons nie dalk vir die ANC vra om hulle paaie te beveilig met belastinggeld en hulle munisipaliteite en paddepartament se verkeersbeamptes aanmoedig om hulle werk te doen nie? Of nee wag, ons kan niue druk op hulle plaas nie, as hulle eerder wil korrup wees is dit hulle volle mensereg seker?

Penelope ·

Sjoe dis verskriklik hartseer. Baie sterkte aan die familie en vriende van die oorledenes.
Dit moet verskriklik wees om ‘n ongeluk te oorleef en die volgende oomblik ry iemand jou dood. Wat moes nie als deur die oorledene se kop gegaan het nie? Dit laat mens weereens besef: die lewe is so kort….

Andy ·

Goeie vriend van my se broer wat daar dood gery is. Sterkte aan die Eybers familie.

leser ·

moeilik om saam met die tyd van die ongeluk te praat, 11:40, so te sê middag, son op sy hoogste, maar die skaduwees is lank

Koos de Meyer. ·

Wetteloosheid aan die orde van die dag. Niks word meer geruspekteer nie. En op die einde van die dag sterf on skuldige mense. Ons paaie behoort net aan sekere mense. Dis hartseer om te sien hoe baie onnodige ongelukke daar is.

Liberaal ·

Soos ek en my ver linkse vriend hierbo se, dit is die ANC se eie wil om die paaie nie te beveilig nie. Ons moet nie die ANC sleg se nie al is dit onder hulle beheer, want dit is nie meer liberaal om die gewone mense se welstand in ag te neem nie. Ons moet mos eerder polities korrek wees en probleme onder die mat vee en die liberale agenda se aandag skuif na hoe blankes geblameer kan word vir probleme, nie waar nie my mede liberales?

Jammer ·

Ek spreek my INNIGE Meegevoel uit met al die mense wat op plase vermoor is die afgelope week se families en vriende. Ook die jong seun van 21 wat sy lewe verloor het toe ‘n krimineel hom in die nek geskiet het, die onskuldige pa wat gaan kos koop het en vermoor is, ook die oupa wat nog gesit en rugby kyk het en toe wreed vermoor is. MY INNIGE simpatie aan al die onskuldige mense wat hierdie week VERMOOR is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.