Polisiehelikopter stort neer in KZN

Foto: Verskaf

ʼn Helikopter verbonde aan die lugvleuel van die polisie in Durban het Maandagoggend naby Cathedral Peak in die sentrale Drakensberg-gebied neergestort.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy het gesê geen sterftes is aangemeld nie en die insittendes het slegs geringe beserings opgedoen.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, het gesê die ongeluk het gebeur toe die helikopter tydens ʼn noodlanding “omgerol” en geval het. Die helikopter was glo besig met ʼn polisieoperasie toe die voorval gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

willie ·

Ja so bly geen noodlottige beserings nie, maar ook ñ terugslag vir die SAPD se uitgedunde logistieke steun!

Boet Fasie ·

Daai is nou een ding waar jy nie kan slaap terwyl jy aandiens is nie

Vermeende ·

Daar is n ou op Brakpan wat hom vannig kan fix vir R5 000, hy se “as good as new”, hy se vir n ekstra R1000 sit sommer gou BMW airbags in……lol

thelsa ·

Regstellende aksie ja . Pilot; Capt Lesejane.
Maar onthou sy aanstelling was agv die groot potensiaal wat hulle in hom gesien het en het niks met sy velkleur te doen gehad nie (aldus die polities-korrekte antwoord)

Afrikaanse Knaap ·

Wie dink jy kan ‘n helikopter teen ‘n helling parkeer?
Defnitief nie ek nie en ek het nie eers ‘n lisensie nie.

Boet Fasie ·

Ek glo die helikopter kan nie meer deur ‘n regstellende aksie gaan nie , kan gebruik word in die museum ter herdenking van restellende aksie en minimum kwalifikasies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.