ʼn Polisiehelikopter is Maandagoggend tydens ʼn “landingsvoorval” by die Grand Central-lughawe in Midrand, Johannesburg, beskadig.
Kol. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie was besig met ʼn roetine-onderhoudsvlug toe die ongeluk gebeur het.
“Die BK117-helikopter was in ʼn landingsvoorval betrokke. Die vlieënier en ander insittendes is nie beseer nie en die helikopter is na Airbus Helicopters se skuur teruggeneem,” het hy gesê.
Airbus Helicopters werk saam met die polisie om die voorval te ondersoek.
En die pilot se naam was ……………………..?
Eish, every landing you can walk away from, ê is a good landing. The government will pay, ai, don’t worry. Small damage.
Vliienier ok, was hy in die polisie mag?
Coil springs for a soft landing.