Polisiehoë eis omkoopgeld sodat saak ‘verdwyn’

geld 4 kontant rand

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Voormalige lid van die misdaadintelligensie-eenheid in Oos-Londen is vandeesweek skuldig bevind op aanklag van korrupsie nadat hy omkoopgeld by ʼn staatsgetuie geëis het.

Khangelani Ngejane (52) het in 2013 duisende rande by die getuie gevra nadat hy beweer het dat die moordsaak waarin sy vrygespreek is, heringestel is.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê Ngejane het beweer dat hy aangestel is om weer die saak te ondersoek.

“Ngejane het daarop aangedring dat die getuie R20 000 aan hom oorbetaal om die dossier te laat verdwyn. Die getuie kon egter net R5 000 betaal, maar het ingestem om die res in paaiemente te betaal.”

Nadat sy die eerste paaiement betaal het, het die getuie besluit om ʼn saak by die einste eenheid waar Ngejane werksaam was, aanhangig te maak.

“Die eenheid het die saak ondersoek en Ngejane in hegtenis geneem. Hulle het ook beslag gelê op die getuie se geld,” sê Mgolodela.

Ngejane is kort ná sy inhegtenisneming op borgtog vrygelaat.

Hy is later aan ʼn interne dissiplinêre verhoor onderwerp wat hom werkloos gelaat het.

Ná verskeie hofverskynings is Ngejane Dinsdag in die Mount Frere-landdroshof skuldig bevind. Hy sal volgende week in die Lusikisiki-streekhof verskyn vir sy vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Misky ·

8 jaar later!!!! Die bewyse is verdoemend en so sloer dit maar voort

Di ·

You can run but you cannot hide, kierantjies braai een of ander tyd!

ES ·

Lekker, dit het lank gevat, maar nou gaan jy tjoekie toe. Baai!

Casper ·

As staatsamptenaar moes ek elke vyf jaar ‘n sekerheidsklaring (z 204) indien om te kyk of ek enige kriminele rekords agter my naam het.Hoekom kan hulle dit nie met polisielede doen as hulle by die diens aansluit nie?,dan sal hulle nie kriminele indiens neem nie.In daai sekerheidsklsring wou hulle tot jou familie se besonderhede weet en hulle het onderhoude met die familielede gevoer.Ek het met een so sekerheidsklaring een keer een nommer my broer se selfoonnommer omgedraai en ek is daarvan beskuldig dat ek vals inligting verskaf.Ek het die situasie aan die kaptein verduidelik en hy het my broer geskakel.Ek was amper my werk kwyt.

Shakespeare ·

Want ‘n kriminele rekord is tot hul voordeel as hulle wil aansluit.

Kokerboom ·

Ontbind HELE polisiemag en stel bevoegde persone aan wat ook poligraaftoets slaag!Ons is keelvol vir die bestaande siek korrupte gemors!

Boer ·

Lekker kry vir jou. Maar hy gaan seker mediese Parool kry oor n maand!!!!!!!!!!1

Anoniem ·

Toe was hierdie lid uiteindelik NIE so intelligent nie. Net bygedra tot die ewiggroeiende misdaad statistieke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.