Polisiehoë in Gauteng doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Senior bestuurder van die Gautengse polisie is Woensdagaand by sy huis in Protea South in Soweto doodgeskiet.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene, ʼn brigadier, tussen 18:30 en 19:00 aangeval is toe hy by sy huis opgedaag het.

“ʼn Onbekende aantal verdagtes het hom oorval, geskiet en op die vlug geslaan. Die slagoffer is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy met sy aankoms dood verklaar is,” het Peters gesê.

Die motief vir die aanval is onbekend en word ondersoek.

Lt.genl. Deliwe de Lange, die provinsiale polisiekommissaris, het met skok op die aanval gereageer.

“Die polisie sal geen steen onaangeroer laat om die oortreders van die hartelose aanval op een van ons lede op te spoor nie. Trouens, ons sal nie afgeskrik of ontmoedig word om die inwoners van Gauteng en die land te dien en te beskerm nie,” het sy gesê.

De Lange het namens die polisiebestuur haar innige meegevoel met die oorledene se familie, vriende en kollegas betuig. Die beampte se naam kan nog nie bekend gemaak word alvorens al sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Uvonka ·

Lindiwe Sisulu neem kennis, die baie veilige land waarna jy verwys is toe nie so nie. hoop dit maak jou oe oop!!!!

Lee ·

Sisulu loop met lywagte agter haar aan die hele dag en nag dis hoekom sy dink dis so veilig in SA. Dalk moet sy na die tonele toe gaan en van haar troon afklim en kyk hoe lyk dit veral na ‘n plaasmoord!!

JM ·

Snaaks nou dat ‘n polisie Brig vermoor word gaan geen steen ongeroer word om die skuldiges op te spoor nie maar daar word niks gedoen as ‘n plaas boer vermoor word nie. Dit wys jou hulle voel niks vir die boere nie

bgj van der westhuizen ·

mskien sal hulle dalk nou beter begin werk nou wat hulle ook geraak word

Mrs H ·

Lt.genl. Deliwe de Lange …. As jy met skok reageer vir die “hartelose” aanval, het jy nog niks gesien nie. Jy sal nie net die klippe en stene onaangeroer los nie, maar berge en tonnels onderstebo gooi van skok as jy plaasmoord gevalle bygewoon het. Jy sal n nuwe deffinisie he vir Skok en Harteloos!

Sussie ·

JA WAT VAN DIE BOERE WAT ONS MET KOS MOET VOORSIEN!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Gatvol ·

Is dit nie siek dat hierdie Brig se lewe meer beteken as AL die vermoorde witmense nie??
My neef en niggie is verlede jaar wreed vermoor!!
Hulle het net ‘n ouma… en die polisie (soos in meeste gevalle…), SOEK NIE EENS NA DIE MOORDENAARS NIE!!!!
Nou gaan elke klip omgedraai word!!!
Wat maak sy lewe meer werd?
Is dit omdat hulle WIT was????
Ek sê nie dis reg, en kry elke mens, wie iemand verloor, jammer…. maar is bevrees dat daar mense is wat nie so voel oor ons wittes nie.
Ons moet almal hier uit.. ELKE een van ons…
Hulle wil ons nie hier hê… dan moet hulle maar op hulle eie!!!!
Nie lank… dan is hier niks of niemand oor, van onkundige boere en moord onder mekaar, en kan ons dalk weer terugkeer!!!
WANNEER WORD DIE WÊRELD WAKKER??

Callie ·

Wys weer hoe het ANC alles vernietig. Daar is geen respek oor van hulle eie mense soos Rhamaphosa hulle noem, vir lewens of polisie nie. Sulke disrespek word versterk deur die regering wat plaasmoorde ignoreer vir watter onheilige redes ookal en deur die Elmien du Plessis, s wat die regering in hul duister doelwitte ondersteun, deur ook die siening dat plaasmoorde gewone misdaad is te verkondig. Kriminele domineer die SAP, dis hoekom hulle vrees saai en van hulle vermoor.

Boontjie ·

Daars mos nie plaasmoorde nie, so daar is ook nie polisiemoorde nie, ook nie politieke moorde nie . KOM ONS ONTKEN ALLES en dan lieg ons vir die buiteland en vertel vir hulle hoe veilig is dit om hier te kom BELE!!!

ANEL ·

Ek voel net enige lewe is werd om verdagtes vas te keer, nie net omdat mense in die polisie is nie

Blablabla ·

Ag regtig mense!!!! Julle gesanik oor hoe ALS in hierdie land agteruit gaan en hoe “ONS” moet landuit trek maak my siek. Wat soek julle dan nog hier? Trek en kry klaar. EK BLY HIER….. want dis my land ook.
Hou tog asb op met julle galbrakery.

Oom Kalahari ·

Dit is hartseer en onnodig dat hierdie Offisier sy lewe so moes inboet. Die kriminele is uitdagend en weet dat hul kan oorheers in hul optredes, daarom hierdie tipes van optredes. Baie van hierdie gewelds misdade word deur oorgrense buitelanders gepleeg. Was hierdie ‘n huisroof saak wat geopen is?
Mev. Sisulu, is hierdie opsetlike moord oortreding ook deel van gewone en normale misdaad en die land baie veilig?
Aan hierdie brigadier se familie, vriende en kollegas alle medelye en syerkte word jul toegewensdeur hierdie tyd van rou. Dit is jammer dat die Staat (ANC) jul as familie gefaal hey. Gelukkig is jul dat ‘n Staats begrafnis uitgevoer sal word en koste vry aan jul asook met volle ondersteuning en berading, waar andere wat vermoor word self staande moet bly sonder enige ondersteuning en families uitmekaar geruk word en geen verdagtes/oortreders ooit gevang word nie.

Phillip ·

blablabla wag tot een van jou mense naby jou gemoor word soos my tannie dan sing jy n nuwe liekie. as jou ma vir jou vrae wat wil jy word dan moet jy se wakker word asb jy het nog geen seer nie en dit gaan kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.