Polisiehoë se kantoorhoof in spervuur oor Facebook-uitlating

Jabu Mfusi. Foto: Facebook

ʼn Storm het om die kop van die adjunkminister van polisie se kantoorhoof losgebars oor ʼn uitlating wat hy op Facebook gemaak het.

Jacob Mfusi, kantoorhoof van adjunkminister Bongani Mkongi, het die uitlating op Facebook gemaak nadat daar berig is oor Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys, wat glo ʼn vrou in ʼn kuierplek aangerand het.

“In defense of Mduduzi Manana, in respect of violence against women and children. He is one of our own; not my friend, very junior to me. I respect him. He is not equal to the accusation. He was provoked beyond limit. I love the young man, my Deputy Minister. Be strong my leader [sic],” het Mfusi op Facebook geskryf.

Manana word daarvan beskuldig dat hy Sondag in die vroeë oggendure ʼn vrou by Cubana in Fourways aangerand het. Dit het glo gevolg ná ʼn hewige woordewisseling oor wie pres. Jacob Zuma moet opvolg. Die vrou het Manana glo “gay” genoem voor die beweerde aanranding plaasgevind het.

Die aanranding het glo buite in die parkeergebied voortgeduur waar nog mense beseer is. Een van die klaers, Mandisa Duma, het gesê sy het ʼn aanrandingsaak by die Douglasdale-polisiestasie aanhangig gemaak. Foto’s wat wyd in die media en op sosiale media gedeel word, wys kneusplekke aan haar kop, nek en been.

Die departement van polisie het Dinsdag in ʼn verklaring hom van Mfusi se uitlatings gedistansieer.

“Ons wil dit duidelik maak dat dit ons spyt dat ons kantoorhoof, mnr. Jabu Mfusi, sulke roekelose uitlatings maak oor ʼn kwessie soos vrouemishandeling,” lui die verklaring.

Mkongi het bygevoeg dat hy “woedend is oor Mfusi se uitlatings”. Mkongi het intussen opdrag gegee dat Mfusi die plasing verwyder, wat hy gedoen het.

“Die minister van polisie is in beginsel teen geslagsgebaseerde geweld. Geweld teen vroue gaan in een ons strydwaardes en beginsels wat gelykheid prioritiseer,” het Mkongi gesê.

Mfusi het intussen ʼn nuwe plasing op Facebook gemaak waar hy om verskoning vra en sê hy het oor die aangeleentheid kommentaar gelewer sonder voldoende advies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Justice ·

Indien ek so na Mfusi se verklaring tov Manana kyk was die vroue dalk reg gewees.

Lee ·

Hoekom word hulle beskerm??? Manana moes lankal agter tralies gewees het. Of is dit ok as jy in Government is om vroue aan te rand en weg te kom daarmee. Wat geld vir een moet vir die ander een ook geld.

Nita ·

Nee, julle hy mos om verskoning gevra.. Hulle het dubbelstandaarde.. Dis die voorbeeld wat die ANC skep. Als korrup!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.