Polisiehoë vas ná sy glo met gevlekte geld wou dobbel

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Noordwes-polisiebevelvoerder is deur die Valke op aanklag van diefstal in hegtenis geneem.

Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die 45-jarige verdagte wat die bevelvoerder is van die speurdienste van die Brits-polisiestasie,het na bewering gevlekte geld uit die polisie se kluis gesteel terwyl sy aan diens was.

Sy het glo daarna probeer om die geld by ʼn casino in Rustenburg te gebruik.

Die verdagte het reeds in die Mokgwase-landdroshof verskyn waar haar saak tot 26 Januarie uitgestel is. Sy is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Ramaloka het gesê dat interne tugstappe ook teen die bevelvoerder gedoen word.

Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende polisiekommissaris in Noordwes, het Donderdag gesê dat die polisie nie bestuurders kan bekostig wat onder verdenking is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

PJ ·

Hierdie gevreesde effektiewe mag (beste in die wèreld ) verloor hulle wapens wat dan gebruik word vir rooftogte en moord maar hulle wil ons wettige wapens kom vat koppies raas stry?

Oom Kallie ·

Dit is mos maar hoe ontslae geraak word van “warm” geld. Koop casino chips, dobbel bietjie daarvan uit en drentel rond, cash uit.

Johann Marx ·

Is die R2 000,00 borgtog ook met gevlekte note betaal?

Dee ·

Wat is gevlekte geld? Ek het paar dae gelede ‘n gevlekte noot gehad wat ‘n winkel nie wou aanvaar en toe gaan koop ek met dieselfde geld by die winkel waar ek dit gekry het. Hulle het dit herken en weer in ruil vir goedere geneem.

Marina ·

Gevlekte geld is die ink(?) Wat op note gespuit word die oomblik as ‘n drakas van ‘n sekuriteitsfirma (wat geld vervoer) oopgeforseer word…..

Dee ·

Dankie Marina, ek het so gedink maar dit behoort dan die note heel onbruikbaar te maak, Dankie vir jou verduideliking.

Wessel Cronje ·

Uhmmm, moet ons nou geskok wees oor die brokkie nuus? Diefstal en korrupsie gebeur op ‘n daaglikse basis, regoor die land….soos verkragting en moord.

Winston ·

See is groot genoeg maar te veel haaie en te min sardyne. Swak polisiemag word elke dag bewys. Dis maar die seekoei se ore. Te min krokodille

mariana ·

let asseblief daarop dat die regte aanspreekvorm op Afrikaans die van Generaal-Majoor is en nie soos die engelse weergawe van Major-General nie. ‘n Offisier is iemand met die rang van luitenant -tot generaal. ‘n Onderoffisier staan bekend as ‘n polisie-beamte. Officer is ‘n terme wat in Amerika gebruik word en kan nie direk vertaal word nie.

koos ·

Hi Mariana. Met die ou range( oor 2000) is jy reg oor die generaal majoor, maar met die ou range wat weer sowat 5 jaar gelede terug gebring is in die SAPD is die rang wel majoor generaal.

Sune van Heerden ·

Dagsê Mariana

Ons vra om verskoning vir die nalatige fout! Die teksversorger het dit ongelukkig nie raakgesien nie.
Dankie dat jy ons daarop gewys het, die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Akram ·

Genugtig. Wat het sy gedink? Dai geld was bewysstukke. Elke noot se nr word ook neer geskryf. Ek wonder of sy dalk die SAPD se fonds wou opstoot? die wat sy sou wen sou seker ook in die kluis gebere word……. Toe nie. Ek kry die polisie beamptes wat nog lojaal is baie jammer. dis daai storie van die vrot appel. almal word oor die selfde kam geskeer. Dis baie jammer. Ek wonder net hoe word die dossiere dan ge inpekteer op haar kantoor?

Anton Coetzee ·

Ek dink die polisie moet hul aanstellngs beleid weer hersien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.