Polisiehoë vas oor ammunisie

Argieffoto: SAPd/Facebook

Argieffoto: SAPd/Facebook

Kol. Chris Prinsloo, ʼn polisiebeampte wat in beheer is van die vuurwapenlisensies in Gauteng, is in hegtenis geneem vir diefstal en die onwettige besit van ammunisie.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, het gesê Prinsloo is verlede week in Vereeniging in hegtenis geneem nadat daar glo 750 rondes ammunisie in sy besit gevind is. “Hy het Maandag in die Vereeniging-landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat.” Hy moet weer op 11 Maart in die hof verskyn.

Eyewitness News berig dat Prinsloo se inhegtenisname glo verband hou met ʼn ondersoek na polisiebeamptes wat vuurwapens, ammunisie en lisensies aan kriminele bendes in die Wes-Kaap verkoop.

Makgale het gesê die ondersoek het meer as ʼn jaar gelede in die Wes-Kaap begin as deel van ʼn operasie om bendebedrywighede aan te spreek. Hy het gesê die ondersoek duur voort en kon nie enige verdere besonderhede verskaf nie.

Makgale het sy teleurstelling uitgespreek oor Prinsloo se inhegtenisname en bygevoeg dat Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, wil verseker dat die polisie die land met die hoogste vlak van etiese en professionele gedrag dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lillian ·

Hierdie kolonel het geen verweer nie, want ek glo hy is ‘n intelligente man, maar met geen of min integriteit …

So jammerte dat hy nou sy werk gaan kwyt wees …

zahn ·

Ek wil met jou verskil, soos in die geval met Dramat en al die manne met integriteit wat deesdae geskors word, word daar, na my mening, hier weer plek gemaak vir Bhuti. Die kolonel was net te streng en onbuigbaar na hul sin. Baie maklik om ‘n stok te kry as jy ‘n hond wil slaan..

Jan ·

Kom ons wag maar vir die hofsaak. Dalk is die ammunisie geplant. Met ‘n mafia wat ons land regeer is die moontlikheid baie groot !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.