ʼn Luitenant-generaal van die polisie en twee van haar familielede is in hegtenis op aanklag van bedrog en korrupsie.
Sontaga Seisa, waarnemende woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het gesê lt.genl. Adeline Shezi (49) het Dinsdag in die Pretoria-handelsmisdaadhof verskyn saam met twee familielede, Tshepo Khoza (39) en Matilda Khoza (63).
“Die ondersoek is uitgevoer in samewerking met die Nasionale Vervolgingsgesag. Shezi was die hoof van die SAPD se tegnologiebestuur, toe ʼn lasbrief vir haar en haar twee familielede uitgereik is. Hulle het in die hof verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie ter waarde van R1 174 057,57.”
Die drie persone is vrygelaat op borgtog van R1 000 elk. Hulle moet op 7 Februarie 2020 weer in die hof verskyn.
“Opod sal voortgaan om sy pligte uit te voer sonder vrees of voorkeur en seker maak dat polisiebeamptes wat beskuldig word van misdrywe, aanspreeklik gehou word, ongeag hul rang en senioriteit.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
24 Kommentare
Kyk net weer Wie pleeg bedrog. Hoe het Hy daardie POS gekry?
R1000?
Die bedrag wat betrokke is en die borggeld maak geen sin. En Opod se woorde waarmee die berig afgesluit word, klink soos ‘n rympie wat ‘n skoolleerling opsê.
Dankie vir al die nuutste nuus
Ai, is daar regtig geen ampsdraers in ons administrasie wat nie totaal korrup is en wat net ‘n gesonde pligsbesef, en ja, eerlikheid het nie?