Polisiehond help rower vastrek

Die polisiehond Rex. (Foto: Verskaf)

ʼn Rower se planne om die departement van onderwys se kantoor in Uitenhage te beroof is Dinsdagaand gefnuik toe polisiebeamptes en ʼn polisiehond hom op heterdaad betrap het.

Die polisie is omstreeks 23:20 na Cannon-straat ontbied waar die verdagte besig was om rekenaartoerusting te steel.

Polisiebeamptes het saam met die polisiehond Rex die gebou ingegaan en kon daarin slaag om die verdagte, wat ʼn mes in sy hand gehad het, te ontwapen. Rex is verbonde aan die polisie se honde-eenheid.

Die 32-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van huisbraak en diefstal.

Al die gesteelde goedere is op die perseel teruggevind.

Brig. Thandiswa Kupiso, Uitenhage-stasiebevelvoerder, het die polisiebeamptes en Rex geloof vir hul vinnige optrede wat gelei het tot die suksesvolle inhegtenisneming van die verdagte.

“Spanwerk tussen die verskillende operasionele eenhede is belangrik om te verseker dat verdagtes nie in inhegtenisneming ontduik nie,” sê Kupiso.

Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Uitenhage-landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

koos10 ·

Mooi so Rex en jou Geleier. Polisieman, ek nooi jou vir ‘n dop by my huis en vir Rex ‘n lekker stuk steak.

Chris ·

Mooi so oubaas se honne. In die ou dae het die sersant of konstabel uit die vangwa geklim en die saak gaan ondersoek. Ek dink deesdae is daar gevalle die poeliesman sit in die van en die hond klim uit om die saak te ondersoek. (Glo nie almal nie)

Eerlik ·

Welgedaan Rex, ten minste kan mens altyd staatmaak op die honde van die polisie se k9 eenheid, hulle vat nie n omkoop geldjie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.