Polisiehond snuffel perlemoen, verdagtes uit

Max, ‘n sesjarige Duitse herdershond, het die perlemoen uitgesnuffel. (Foto: SA Polisie)

Perlemoen val dalk nie in almal se smaak nie, maar dit keer Max die polisiehond allermins om dit getrou uit te snuffel. Die toegewyde hond het Dinsdag 429 stuks perlemoen in die bosse in Wavecrest, Jeffreysbaai, opgespoor.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het gesê lede van die Jeffreysbaai-polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies was Saterdagaand besig met ʼn operasie op die strand toe hulle ses verdagte mans opgemerk het.

Duiktoerusting is by die mans gevind en hulle is summier in hegtenis geneem.

Max, ʼn sesjarige Duitse herdershond verbonde aan die Humansdorp-honde-eenheid, se hulp is ingeroep om na nog verdagtes te help soek.

Nie net het hy nog twee vermeende stropers uitgesnuffel nie, maar die polisielede ook na die perlemoenvonds in die bosse gelei, het Nkohli gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op ʼn wit bakkie.

Die agt mans verskyn na verwagting Woensdag in die Humansdorp-landdroshof vir die onwettige besit van perlemoen. Hulle is tussen 21 en 40 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

johanf ·

Wat word in so geval met die Perlemoen gemaak. Goed gedoen Max, sy hanteerder en die SAPD….

Suzette ·

Uitstekend Max!!! Wonder net wat met die 8 gaan gebeur. Help nie hulle kry opgeskorte vonnis of ‘n ligte tikkie op die vingers nie (dis mos aan die orde van die dag), want more is hulle terug op hulle pos en gaan net voort.

Louise ·

Ai, die mense moet ook eet. Hulle is die klein vissies (excuse the pun) wat die vuilwerk doen. Die grotes moet gevang word, die skrefies oë met die baie geld en geen gewete.

Karina ·

Wel gedaan Max! Wie het al perlemoen ge-eet? Ek is baie lief vir enige seekos maar perlemoen is nie vir my nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.