Polisiehond trek 2 ‘kabeldiewe’ vas

Max en sy hanteerder, sers. Adriaan Oosthuizen. (Foto: ANA)

Elke hond kry sy dag, lui die spreekwoord, en ’n polisiehond met die naam Max het vandeesweek syne gekry toe hy twee vermeende kabeldiewe enkele minute uit mekaar in Bethelsdorp in die Oos-Kaap aangekeer het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die honde-eenheid het onlangs inligting ontvang oor ʼn dreigende krisis rakende kabeldiefstal in Port Elizabeth oor die afgelope twee weke.

Volgens Naidu is daar toe ook onlangs in Rensburgstraat in Bethelsdorp, sowat 21 km van die Baai, koperkabels ter waarde van R300 000 gesteel.

ʼn Operasie is gevolglik van stapel gestuur in samewerking met die polisie se lugvleuel waartydens Max en sy hanteerder, sers. Adriaan Oosthuizen, ook ingeroep is.

Max is tydens die operasie op patrollie in ʼn polisiehelikopter ingespan.

Die sloot wat die verdagtes glo gegrawe het. (Foto: SAPD/Instagram)

Twee verdagtes is tydens die operasie in die Bethelsdorp-distrik gewaar, besig om ʼn sloot te grawe. Die verdagtes het egter die helikopter gesien en laat spaander waarna Oosthuizen en Max afgelaai is om die verdagtes agterna te sit.

Volgens Naidu het Max die eerste verdagte dadelik vasgestrek. Enkele minute later is die tweede verdagte ook deur Max aangekeer.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 20 en 30 jaar oud, is albei in hegtenis geneem op aanklagte van kabeldiefstal en sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

annie ·

Pragtige hond… jy is tops!! Hoop jy het ‘n groot beloning gekry, jy verdien dit!! Julle mag maar!!

Yolanda ·

Well done Max…. jy verdien n groot treat…en jou hanteerder….

Max ·

Ek haat dit as honde en perde gebruik word om die mens se gemors op te ruim. Maar ek is baie tevrede met Max want kyk dan net sy hanteerder. Ek weet sommer hy word goed behandel.

Sandy ·

Mooi so oubaas se honne Max, en Sersant Oosthuizen Max se hanteerder. ‘n Goeie nuus storie vir ‘n verandering.

sweis ·

Ek hoop Max word bevorder na stasie bevelvoerder wan hy verdien darem sy kos.

Hanlie ·

Ounooi se honne, jy en jou baas verdien ‘n groot steak!!!!

Max Fan ·

Max jy is ‘n pragtige ding – sal jou kan opsoen ounooi se honne. Welgedaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.