Polisiehoof: ‘Ek verdien nie klippe nie’

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Donderdag teruggekap rakende bewerings oor sy luukse huis in die Sable Hills-landgoed in die noorde van Pretoria.

Phahlane het uitgevaar teen die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan en die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod).

“Ons respekteer Opod se mandaat om enige lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te ondersoek en ek is nie ʼn uitsondering nie. Indien daar enigiets verkeerd gedoen is, dan moet ek ondersoek word deur Opod. Wat my grief, is dat daar ʼn ernstige misbruik en skending van prosesse was.”

Hy meen die betrokkenheid van O’Sullivan is ʼn voorbeeld van die skending van prosesse. “O’Sullivan staan self op strafregtelike aanklagte tereg. En dan bring jy hom na die huis van die waarnemende nasionale polisiekommissaris? Hy het self vir my ʼn e-pos gestuur om te sê hy hou my huis dop. Is dit nie ʼn skending van my privaatheid nie?”

Volgens Phahlane het hy sy huis van R3 miljoen met ’n huislening gefinansier. “Ek neem ernstig aanstoot weens die beledigings wat op my gerig word. Iemand staan voor jou huis en waardeer dit op R8 miljoen. Watter kriteria het hy gebruik om my huis te evalueer? Wat is sy belang in die waarde van my huis – asof ek ʼn konstabel is wat ʼn jaar gelede aangestel is? Ek dien hierdie organisasie al 31 jaar lank en ek het nie klippe verdien nie. Ek word vergoed as ʼn staatsamptenaar,” het Phahlane gesê.

Dit het verlede week aan die lig gekom dat Opod Phahlane ondersoek. Hy is glo versoek om ʼn waarskuwingsverklaring af te lê. Volgens mediaberigte is die huis R8 miljoen werd en is daar vrae hoe ʼn polisiebeampte dit kan bekostig. Die ondersoek na Phahlane is begin nadat hy glo getuies in die ondersoek genader het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Swanna ·

Baie interessant ne. Hulle moet hom niue met klippe gooi nie maar met bakstene.

Piet ·

Net so korup soos sy meester no1 en dan nog boonop die hoof van die polisie dis waglik

Asjas ·

Ek werk al 30 jaar in die privaat sektor en kan nie eers ‘N huis bekostig nie? Soek nou maar jobbie in die staat …

Se Maar Net!!!! ·

Jy gaan nie werk daar kry nie!!!! Jammer jy is te fluks.

Grassie ·

Goed, hy verdien nie klippe nie. Hy verdien ook nie die vet salaris wat hy kry, sy mildelike soustreinvoordele, die blink kantoor waarin hy sit en die pos wat hy beklee nie want die polisie”diens” wat hy moet bestuur is op ‘n kreeftegang. Dit is stadig maar seker besig om uitmekaar te val, net soos die weermag en al die ander staatsdepartemente wat veronderstel is om die landsburgers te dien.

John ·

Daai sjebeen daar in Saxonworld, het dit ‘n ondergrondse tonnel tot by ons land se reserwes van goue stene? Is daar darem nog een of twee oor?

Scalla ·

Volgens my moet die paaiement op R3 m bereken @10% oor n termyn van 20 jaar in die omgewing van R28000 per maand wees, versekering uitgesluit, wat is die man se salaris dan om te kwalifiseer vir die huislening? Waar n rokie trek is daar gewoonlik n vuurtjie.

weti ·

Nee, verdien medalje omdat jy nou eers “uitgevang” is!!!!!!hiehiehie

Chris ·

Waaroor tjank die man oorlat hulle hom met kliipe gooi? Die land is “bevry” deur klipgooiers. Al raad vir die Hoofkonstabel Generaal is gooi terug daai bevrydingskonfetti. “If you live by the gun, you die by the gun”

smurfie ·

maklik gesê Chris, probeer jy vir een dag in daai man se skoene staan. Hy het plaas moorde na Alpha klag status toe laat verander. die enigste Generaal in die polisie wat nie op die rasisme standard van almal lewe nie. Wanneer jy jou werk doen word jy vergoed vir dit. Mense kan nie net se ja You live by the gun you die by gun nie. dis `n familie man daai. hy werk vir sy maandelikse salaris beter as enige van die voorige Kommissarise. Gee hom `n kans. want ek sou ook so gevoel het as ek 24/7 dop gehou was.

pieter ·

Ek was ook in die polisie en het in 2004 bedank daai tyd het n generaal al R65000.00n maand gekry voor aftrekking. Het dit met my eie oe gesien want ek het gewerk met dit na aftrekkings het hy so R45 000.00 uitgekry.

smurfie ·

Die is omtrent 12 jaar terug wat jy daar gewerk het. Baie het verander en salarisse is al baie beter as toe. `n Brigsdier verdien al meer as dit. Soos ekonomie verander doen die salarisse ook. `n Sersant word al R197 586.00 per jaar betaal wat baie beter as 12jaar terug is.

Cherokee ·

Pieter, ek is ‘n afgetrede sakeman en het in 2004 (toe ek afgetree het) vele sakevriende gehad wat R65000 pm maand ge-ìn het. so, dit was ‘n algemene (miskien) heelwat-bo-die-broodlyn-inkomste.

Smurfie, R197000 mag wel heelwat meer wees as wat 12 jaar gelede betaal is maar dit geld ook vir die prys van brood nòu en wat 12 jaar gelede betaal is.

marianna ·

Mooi so Paul oSullivan ! net so het jy Selebi se ondergang bewerk..

Marietjie ·

Hy verdien nie klippe nie? Hoe nou? Die universiteite en gewone mense se motors en eiendom ook nie. Voel hoe voel dit om met klippe bestook te word

Verıtas ·

Dıt sal jammer wees as hy skuldıg ıs aan ongerymdhede. Hy ıs ‘n beroepspolısıeman met baıe ondervındıng en onder sy leıerskap, het daar beslıs ‘n posıtıewe veranderıng ın dıe SAPD plaasgevınd.

smurfie ·

Mense is soms vinnig om hulself te vergelyk. ja jy kan 30jaar in die werksbedryf wees, maar eerlikwaar hoeveel kwalifikasies het jy al dan? Hoeveel promosies het jy al gehad? Niemand in die wêreld is engeltjies nie. Die is `n man wat tot saans laat werk en saam sy mense werk. Hy het SAPS veral Forensies waar hy die hoof was na Formele status en wêreld status laat bereik. Mense het weer trots in hul werk begin kry met hom aan bewind. #backtobasics is een van die veldtogte wat hy geloots het. Almal wat polisie opleiding in die Kolleges gehad het sal unifrom dra. Hy is `n man wat werk vir sy geld, wat werk omdat hy nie n bang haar op sy lyf het nie.

peter ·

As hy niks het om weg te steek nie, Waarom worry die man dan so?

hans ·

Hy verdien nie klippe nie maar het 31 jaar terug daarmee gegoii.

Chrisjan ·

Ja-ja en Jackie Selebe was ook nie die land se misdaadhoof nie.

smurfie ·

Ek moet sê, ek ken die man en moet se hy is n goeie man ,doen sy werk met baie trots en vat die bul aan die horings. Om 31 jaar in die polisie te wees kry mens n bonus vir jare wat jy in diens is. As jy langer as n sekere tydperk in a waarneemende posisie is dan kry mens die voordele daarvan, wat betreking het dat hy nou al n jaar as waarneemende hoof is wat die rang van Generaal is. Hy verdien baie meer nou. Mens moet soms net kyk na die anderkant van die byl. Piyega sit by haar huis met volle salaris en die voordele daarvan. Om n Generaal te wees is soos n CEO van n groot maatskappy. Ons almal is vinnig om klippe te gooi. Ek kan waarlik sê die tydperk vanaf 2011 se kant het hy merkwaardige omkeerpunte by die Forensiese Labratoriums in gebring. ek voel net dat Paul nie so onskuldig is nie jy kan nie ander ondersoek as jou “slate” nie skoon is nie. Voor jy ander gooi met klippe kyk eers of jy `n klipvrye lewe het. `n Generaal maak nie peanuts nie, die Polisie word even minder as die metro betaal, maar hulle trek weer voordeel met ander “perks”. Mens kan lewe op n salaris. Onthou ook net hy het `n familie en sy vrou werk ook moontlik en verdien ook `n salaris….

Koos ·

Die enigste hoof van polisie wat bereid is om na solidariteit e afriforum te luister, volgens die berig het hy niks om weg te steek nie. Sal ook die hel in wees as aangekla word van goed voor daar konkrete bewyse is. Gee die man n kans om sy onskuld te bewys. Haal eers die balk uit jou eie oog uit voor jy die splinter in n ander se oog soek

Zoro ·

Ja ek dink dis sommer strooi dat julle so gal brak die Genl. kan bou wat hy wil hier is klomp ‘gomtorre’ wat 5tot6 huise besit en daar word nie woord gerep nie. Genl. bou vir jou paleis jy skuld niemand n verduidelikking nie

Joester ·

Mense gooi so vinnig klippe. Die Generaal is die enigste 1 van die laaste paar generale wat actually nie ‘n politieke aanstelling was nie maar deur die range homself opgewerk het. Hy verstaan actually polisiewerk en staan op vir sy lede. Dit kon ons sien in sy kommentaar met die studente optogte. Ek hoop hy bewys almal verkeerd hier want ons het Bevelvoerders soos hy nodig in die SAPD

chris liebenberg ·

ek iso bly om n bietjie gooie opboudnde kommentaar te kan lees
baie dankie

Gerhard Burger ·

Om korruptiewe optrede te verwag is begryplik. Om dit in elke geval van bewerings en enige persoon net te aanvaar, is egter onbegryplik. Dikwels is die trant van sommige kommentare erg. Nie net toon dit onbegrip en swak beredenering nie, maar ook vrot spelling – nie ‘vingerfoute’ nie. Is enige oorweging gegee dat Phahlane wel ‘n huis kon besit het wat verkoop is en/of die moontlikheid van ‘n ander belegging. Dit opsigself sal ‘n reuse invloed hê op ‘n huislening. Daar is tans geen bewysgronde om nie Phahlane se weergawe te aanvaar nie. ‘n Polisie-generaal wat verstandig met sy finansies omgaan kan wel sò ‘n eiendom bekostig, soos hy argumenteer. Van die kommentare onderstreep sy vermoëns en bedoelings. Dìt, asook die gedissiplineerheid wat hy van meet af toon, is opsigself stille getuienis dat hy die voordeel van die twyfel moet kry. Ongeag ander rede(s). Bespiegelings is een ding. Maar, hier is baie meer as dit. Hier is wilde veroordelings, beskuldigings en sondermeer skuldigbevindings – sonder feitelike bewys. Dan is daar natuurlik die lastige moontlikheid van politieke korrupsie wat ook nie hierbo oorweeg is nie. Raak dit nie tyd vir die aanstelling van ‘n Naskom nie? Is ‘n reguitloper, soos Phahlane tot dusver getoon het hy is, nie ‘n ‘stok in die speek’ nie? Daar is geen rede waarom Phahlane nie aangestel kan word. Maar, maak hom verdag, en siedaar! Een van die ander senior ‘vriende’ moet dan vir aanstelling oorweeg word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.