Polisiehoof genader oor Randfontein-moorde

Marietjie en Kayla Meyer. Foto: Facebook.

Marietjie en Kayla Meyer. Foto: Facebook.

Dit is vandag presies drie maande sedert die liggame van vier mense, onder wie die negejarige Kayla Meyer, op ʼn kleinhoewe naby Randfontein aan die Wes-Rand gevind is. Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

Kennith McCormack (42), sy verloofde, Marietjie Meyer (45), haar dogter, Kayla, en Monty McCormack (73), Kennith se pa, se liggame is in Maart verspreid op die kleinhoewe in Rodora gevind. Die motief vir die moorde is nog nie bekend gemaak nie.

Maroela Media kon vasstel dat die saak nie meer deur die plaaslike polisiestasie ondersoek word nie en oorgeneem is deur die provinsiale polisie. Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat niemand nog in hegtenis geneem is nie, maar dat die ondersoek voortduur.

Makhubele het gesê gerugte dat daar nog nie ʼn saaknommer aan die saak toegeken is nie, is onwaar.

Daniel Lotter, Front Nasionaal se woordvoerder, het gesê die party onderneem om ʼn brief aan lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, te skryf om druk op die polisie uit te oefen om prioriteit aan die ondersoek van die wrede moorde te verleen.

Die slagoffers. Foto: Facebook

Die slagoffers. Foto: Facebook

Maroela Media het vroeër berig ʼn familievriend het op 10 Maart die polisie ontbied nadat hy gaan ondersoek instel het omdat hy niks van sy vriende gehoor het nie. Die vriend het glo op Monty se bebloede liggaam afgekom in ʼn tydelike huis waar sy seun, Marietjie en Kayla gebly het, terwyl hulle ʼn houthuis op die kleinhoewe laat bou het. Monty het glo uit Brittanje by sy seun kom kuier.

Monty is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan. Marietjie se liggaam is gevind in die houthuis wat in aanbou was. Sy is na bewering ook met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan. Kayla se liggaam is in ʼn stoorkamer langs die tydelike woonplek gevind. Sy het nie ooglopende beserings gehad nie en het moontlik versmoor. Kennith se liggaam is die volgende dag ʼn paar meter van die houthuis opgespoor.

Die verdagtes het met die gesin se Mercedes-sportnutsvoertuig gevlug. Die voertuig is later verlate aangetref en die polisie het beslag daarop gelê. Kontant en twee selfone van die slagoffers is glo daarin gevind.

Die polisie ondersoek vier sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gesiggie ·

Dit is wat my g….. so krap en my wil laat ontplof…. nog niemand is gevang??? 4 mense se lewe is geneem…. wat doen julle…. los dit maar net”’ gee eerder aandag an dinge wat minder belangrik in die lewe is… Zuma spandeer eerder geld op Luxury as om n plan te maak, om moord sake vinniger op te los…. die ondersoek duur voort, maar nog niemand is in hegtenis geneem…. kry n slimmer speurder wat bietjie meer bereid is om te help… vang hierdie moordenaars…. en los die sake wat nie regtig saak maak…

Theuns ·

Gesiggie, dit was die selde mense wat die drie mense in Krugersdorp doodgemaak het!

Theuns ·

Dit klink my die moordenaars is presies deur die selfde mense gedoen wat die twe mans doodgemaak en die dame (Hanli) dood gemaak het! Ooreenkomste is die mense is met stomp voorwerp doodgeslaan en besittinggs is ongeskone terug gevind. Slaap die Polisie?

Gallie ·

Theuns, ek ruik ‘n rot en is geneig om met jou saam te stem dat die polisie ‘n bietjie dieper op die saak moet ingaan. Kom ons hou hierdie saak fyn dop.

humor ·

Die opllossing is vining. Die polisie moet net ook kommentare lees en van die mense raadpleeg.

Theuns ·

Dankie Humor. Nog n oorkoms: Selfde omgewing. Randfontein en Krugersdorp is bymekaar!

Cherokee ·

In Durban is twee stadsraadlede skuldig bevind aan moord en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Ngcobo en Lutsheku is in Februarie verlede jaar gearresteer vir moord op ‘n vrou in Pinetown en daarna is hulle en ‘n meeloper skuldig bevind. Appèl is geweier. Hulle word steeds ‘n salaris van R35 000 per maand betaal en die stadsraad weier om hulle af te betaal. Toe op ‘n vergadering kapsie gemaak is daarteen is die beswaarde uitgelag deur ANC-lede en beduie waar die ANC se kantore is.
Durban is my tuisdorp en hier is groot ontevredenheid deur belastingbetalers maar dit word geantwoord met verwysings na die munisipale prosesse.

Joann ·

Die polisie dra te swaar aan hul verniet gekryde range,dus kan hul nie vinnig beweeg nie.

Flippie ·

Was daar nie destyds in ander media berig oor ‘n beweerde loongeskil met werkers wat met die bouery gehelp het nie?

Halloo ·

Dis beslis dieselfde moordenaars as die mense in Krugersdorp. Gaan lees ook Peter en Joan Meyer wat in Desember vermoor is in hul huis in Krugersdorp toe hulle n afspraak die aand by hulle huis gehad het met n man en n vrou!

Familie - Vol Vrae ·

Miskien moet ons gesels dat ek kan vertel hoe die saak van die begin hanteer was. Ja daar is n saak nommer, maar ons het hom nie gekry nie. Ons het hom wel gekry deur iemand wat nie op die saak werk nie, nadat ons die persoon self genader het om dit vir ons te gee. Die Konstabel wat op die saak moet werk is in Krugersdorp. Van hom hoor ons niks. Weet nie wat hul al als gedoen het en nie gedoen het nie. Dis maklik om te se O ons hanteer nie meer die saak nie. Wie doen dan? Daar moes vinnger afdrukke gewees het as fie moord wapens op toneel gevind het. Amper seker DNA van die aanvallees ook. Want Kayla se Ma sou terug baklei het. Onder haar naels? Dan is daar die saak van die Man wat reg langs hul gebly het. Niks gehoor het nie is te oud. Hy is 1960 gebore is dit te oud? Hoekom word hy nie vrae gevra nie? Ek weet hy het niks met dit te doen, maar is seker hy weet wie dit was. Hy is te bang om te praat. O ek noem net sy Seun werk ook vir die Polisie???

Mariette Hammann ·

Baie sterkte aan die familie. Hopelik sal die saak oorgeneem kan word deur bekwame polisie. Ons hoop dat geregtigheid sal geskied.

Wesrander ·

Gallie ek weet nie watter saak ons gaan dophou nie want die saak gaan net daar bly staan. Daar is genoeg bewyse met vinger agdrukke as hul die voertuig geneem het. Daar moet ook dna op toneel wees. Swak polisiering

Gesiggie ·

Dankie vir die inligting Theuns… dit is hartverskeurend”” hul maak net dood… hoop dat geregtigheid sal geskiet””

johann cb ·

Ek wonder wat in hierdie geval met die voertuig en ander gesteelde goedere gebeur. Darem eienaardig dat niemand in hegtenis geneem is nie. Ondervra die vriend wat die liggame ontdek het!

Familie - Vol Vrae ·

Ek sal ook laaik om te weet wat van als geword het. Het by n so genaamde vriendin een van die fone gekry. Hul het goed gaan haal sonder ons mede wete en toestemming. Nou vra ek jou, n selfoon? Volgens my is dit juis iets wat dalk kan inligting bevat as dit iemand was wat hul geken het. Ek het dit aan die polisie oorhandig hul gevra om dit deur te gaan en te laat unblock. Nadat die sogenaamde vriende die heeltyd probeer het om n pin in te sit en die foon geblok het!! Ek het gevra het al gekyk na wat op die fone is. Geen terugvoer……. O en die vriende het nog goed wat hul nie wil terug handig. Ek wou diefstal saak maak toe het Polisie my ook gekeer? Goed nou nog daar….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.