Polisiehoof in spervuur oor SMS aan LP

Die SMS wat Phiyega gestuur het.

Die SMS wat Phiyega gestuur het.

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, is in die pekel oor ʼn SMS wat sy aan ʼn DA-LP gestuur het.

Die boodskap aan Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, lui: “Ek is swart, trots, bekwaam en onthou dat jy niks van my kan wegvat nie, eat you heart out. Jy het my nie gemaak nie en jy kan my nie ongedaan maak nie – Riah Phiyega.”

Kohler-Barnard het die SMS Dinsdag in ʼn sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie hardop uitgelees. “Ek vind dit absoluut afskuwelik dat ʼn polisiekommissaris vir my ʼn SMS stuur terwyl ek my werk doen en sy nie haar werk doen nie. Ek wil vra dat die SMS deel vorm van die ondersoek, aangesien dit ʼn dreigende ondertoon het.”

LP’s het woedend gereageer oor die SMS. “Indien sy regtig die boodskap gestuur het is, waar kry sy die vermetelheid om dit te doen?” het Livhuhani Mabija, ANC-LP, gesê. Die ander LP’s het geëis dat ʼn ondersoek gedoen word om te bepaal of Phiyega wel die boodskap gestuur het.

Lt.genl. Solomon Makgale, nasionale woordvoerder van die polisie, het intussen Dinsdagaand bevestig dat Phiyega die SMS gestuur het. “Dit is nogal verrassend dat mev. Kohler-Barnard skielik beweer dat sy nie meer die nasionale polisiekommissaris se selfoonnommer ken nie, hoewel sy al vorige kere korrespondensie van dieselfde nommer af ontvang het.”

Makgale het gesê dit is ongelukkig indien Kohler-Barnard bedreig voel deur ʼn uitlating van “selfbevestiging”. Hy het gesê die boodskap is definitief nie as ʼn dreigement bedoel nie en dat dit moeilik is om te sien hoe dit so geïnterpreteer kan word.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Riah Phiyega op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

zahn ·

Sjoe Neelsie, dink jy regtig sy kan haarself miskyk? Effens groot beeld om nie raak te sien nie..

Lindie Lourens ·

O gits! As ek sy is, is ek maar versigtig. Verlede jaar het ‘n skoolhoof van ‘n plaasskool beweer dat niemand iets aan haar kan doen nie, want ” ek kan doen wat ek wil, want ek het ‘n permanente pos”. Na ‘n geheelskoolontwikkellingsproses moes sy bedank uit die onderwys en ‘n ondersoek na moontlike korrupsie en pligsversuim is aan die gang. Oppas!

Deon ·

Haar uniform is nie voorskriftelik nie, haar gewig laat veel te wense oor. Haar salueer en eerbewys is swakker as ‘n polisie student. Haar bestuurstyl en insig is ‘n nul op ‘n kontrak. Die generaal sal ongelukkig nie die insig hê om die eerbare daad te doen en te bedank nie. Haar staatspakket is te groot vir dit. Ten minste het sy en haar salaris 1 ding in gemeen. Altwee is groot.

JWK ·

As ek se dat ek wit (blank) is en trots daarop word ek as ‘n rasis gebrandmerk.

Ben ·

“To keep SA safe and secure”? Ag asb, wakkerword dame – wanneer begin julle met hierdie droombeleid? Huidiglik geniet net ANC-hooggeplaastes hierdie voorreg. Die res van ons kry net “Tough-Luck Whitey.”

Nico ·

n’ Mens noem dit rasissme. Behalwe… as dit omgekeer is dan is dit nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.