Polisiehoof se omstrede SMS ‘daar gelaat’

Riah Phiyega. Foto: GCIS

Riah Phiyega. Foto: GCIS

Daar gaan nie stappe gedoen word teen Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, oor die omstrede SMS wat sy aan ʼn DA-LP gestuur het nie.

Maroela Media het vroeër berig LP’s het woedend gereageer nadat Phiyega ʼn boodskap aan Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, gestuur het wat volgens Kohler-Barnard ʼn dreigende ondertoon gehad het. LP’s het geëis dat ʼn ondersoek gedoen word om te bepaal of Phiyega werklik die SMS gestuur het, maar lt.genl. Solomon Makgale, nasionale woordvoerder van die polisie, het kort daarna bevestig dat die SMS van Phiyega afkomstig was.

Tydens ʼn portefeuljekomiteevergadering Woensdag het Francois Beukman, die voorsitter van die komitee, gesê Phiyega moet “ernstig besin” oor die SMS, maar dat die saak daar gelaat sal word. Kohler-Barnard het gesê sy is verbaas oor die komitee se skielike ommeswaai aangesien dit onvanpas is om sulke boodskappe aan LP’s te stuur.

Die SMS wat verlede Donderdag aan Kohler-Barnard gestuur is, lui: “Ek is swart, trots, bekwaam en onthou dat jy niks van my kan wegvat nie, eat your heart out. Jy het my nie gemaak nie en jy kan my nie ongedaan maak nie – Riah Phiyega.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eliza-beth ·

Soos hulle sê: daar is nie pille vir domgeit. Mens moet haar liefs ignoreer en nie na haar vlak daal deur eers enigsins daarop kommentaar te lewe nie!

Michiel ·

As Diane haar gemaak het het sy dalk beter daaruit gesien asook ‘n beter joppie gedoen!

CL ·

Ek is wit, bekwaam maar skaam. Amper als is reeds weggevat. Ek voel my hart is klaar ge-eet. Hulle het my nie gemaak nie maar klaargemaak.

magriet ·

ag nee cl kom nou. jy is wit, baie beter bekwaam as die meerderheid, en skaam waarvoor??? jou hart sal klop tot aan die einde van dae, en jy’s reg, hulle het jou nie gemaak nie dus is dit nie vir hulle om hou klaar te maak nie!!!

Naas van der Walt ·

As Phiyega sonder enige opleiding hoof van die polisie word dan ek president word sonder Nkandla en korupsie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.