Polisiehoof van Meyerton ontslaan ná VF Plus-klag

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

Meyerton se polisiehoof, kol. M. Lepitla, is verlede week uit sy pos ontslaan nadat die VF Plus ʼn klag teen hom by die Gautengse provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, ingedien het.

“Kol. Lepitla het in Mei verlede jaar ʼn direktief aan Meyerton-polisielede uitgereik dat geen dossiere rakende sekere sake geopen mag word nie. Daarvolgens sou sake soos aanranding met die doel om ernstig te beseer, gewone aanranding, opsetlike saakbeskadiging en diefstal nie geopen mag word alvorens daar ʼn verdagte in die saak genoem is nie,” sê Kobus Hoffman, VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer.

Die VF Plus wou by Mawela weet waarom die direktief uitgereik is en indien dit toegepas word, hoe dit misdaadstatistiek gaan beïnvloed.

Die direktief beïnvloed ook die werksaamhede van die speurdiens.

“Die saak teen kol. Lepitla is intern verhoor waarna hy ontslaan is,” voeg Hoffman by. “Die VF Plus sal nie toekyk hoe verkeerde direktiewe van polisiekantoor-bevelvoerders misdaadslagoffers benadeel nie.”

Hy sê slagoffers van misdaad moet in alle opsigte die geleentheid gegun word om ʼn saak by die polisie aanhangig te maak en die nodige ondersteuning van die polisie te kry om die misdaad op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mastermind ·

Geluk aan die VF+!
Is die kolonel nou oppad na die parlement ?

Fanie ·

De Deur is ook deel van Midvaal en ons SAPD is net so treurig

Lillian ·

Hy gaan steeds ‘n “golden handshake” kry… Pla hom min dat hy oneervol ontslaan is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.