Polisiehoof voor LP’s oor korrupsiebewerings

Khomotso Phahlane Foto: Jonisayi W. Maromo (@Jonisayi), Twitter

Khomotso Phahlane Foto: Jonisayi W. Maromo (@Jonisayi), Twitter

Lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Donderdag voor die parlementêre komitee oor polisie volgehou “nie ʼn enkele sent” van belastingsbetalers se geld is gebruik om in 2009 vir hom ʼn verjaarsdagpartytjie te hou nie.

Phahlane en sy span moes die komitee inlig oor die verskeie klagtes wat Popcru teen hom ingedien het, asook die ondersoek deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod).

Volgens Phahlane is reeds “bo redelike twyfel bewys” openbare fondse is nie vir die partytjie gebruik nie, maar die geld vir ʼn amptelike skakelingsgeleentheid is gebruik terwyl Phahlane steeds die afdelingskommissaris vir personeelontwikkeling was. Die DA het Phahlane daarvan beskuldig dat hy openbare fondse gebruik het om ʼn verjaarsdagpartytjie te hou wat as ʼn werkswinkel voorgehou is.

Phahlane hou egter vol selfs die howe het bevind hy het nie oortree nie. “Ongelukkig is twee mense, my personeelbeampte en ʼn brigadier, voor die hof gebring,” het hy gesê. Beide beamptes is later onskuldig bevind.

Phahlane het gesê hy sal sy samewerking aan “enige bevoegde owerhede” gee tydens die ondersoek na die verskeie bewerings teen hom. Hy het nie gespesifiseer of dit Opod insluit nie. Hy het bygevoeg: “Ons is nie te vinde vir ʼn verhoor deur die media nie.”

Opod het verlede maand ʼn klopjag op Phahlane se huis uitgevoer in verband met korrupsiebewerings wat met die aankoop van ʼn tuisteaterstel ter waarde van R80 000 verband hou. Volgens die bewerings het direkteurs van ʼn private maatskappy, wat met die polisie sake gedoen het, Crimetech Laboratories, glo vir Phahlane gehelp om die tuisteaterstel aan te skaf.

Phahlane het dit ontken en gesê hy het ʼn bewys van betaling vir die tuisteaterstel aan Opod verskaf. Hy het ook gesê hy sal binnekort verdere regstappe neem in die verband.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Banana ·

Daar sal NIKS van kom nie, hule gaan bewys alle PARTIES was SKAKELINGSGELEENTHEDE en al die aanklagte en aantygings van die hand wys, nie een van hierdie PARTYGEESTE gaan iets oorkom nie . .. Beide beamptes is voorheen onskuldig bevind hulle gaan weer daardie verskoning gebruik WANT DIT HET GEWERK!!

Alida ·

Ag weet die klippe gaan nou na my gegooi word maar daar is iets eerliks in die man wat ek waarneem. Miskien is hy onskuldig.

Kobus ·

Alida….ek geneig om met jou saam te stem…ja ons het gehoor van hul duur motors en duur huis….maar hyself en sy vrou verdien groot salarisse…gee die man n kans…moontlik is alles tog eerlik voor betaal.

Max ·

Ek wonder wat dink die manne en vroue en Kindern op Potchefstroom wat hom beter ken.

Pitbull ·

Hoe sê die spreekwoord nou weer? Waar daar ‘n rokie trek, brand ‘n vuurtjie! Van die grootste misdadigers in die wêreld het ‘oop gesigte’. Ted Bundy was ‘n goeie voorbeeld hiervan, en so was baie naïewe vroue vermoor Nee wat, laat die gereg maar sy gang gaan en die ou sakie deeglik ondersoek

Alida ·

Ag dankie vir die ondersteuning. Ek hou van hom. Tenminste het hy iets gese oor plaasmoorde. Die OVK het tonne ander mense om te ondersoek maar is Zuma aanhangers. Ondersoek die vieslike LUR van gesondheid en daar is nog baie. Miskien wil hulle die polisie kommissaris uit he omdat hy eerlik en opreg is. Die ANC verag eerlikheid.

Malva ·

Nie onderhandelbaar… persoon in so posisie se gedrag moet onberispelik wees… sluit in die nie-aanvaarding van buitensporige geskenke/gunste.
Samelewing dra skuld aan vergrype.

Boetman ·

Hy het wel erken dat sy BMW van n miljoen of twee is aan hom geleen sodat hy dit vir die vervaardiger kon “toets”.
Polisiemanne nou al toetsbestuurders ook?

Manie ·

Ek het die oplossing vir n nuwe polisie kommissaris. Wees braaf met Bee en stel n wit kommissaris aan en julle probleme is op n einde.

Anoniem ·

Dit krap my om om te dink hierdie knaap spandeer soveel geld op klank terwyl daar soveel mense is wat raap en skraap om elke maand liggaam en siel aan mekaar te hou.

Alida ·

Anoniem maar die miljoene wat Zuma en kie pla jou nie. Die kommissaris en sy vrou verdien goeie geld. Hulle steel nie siek en arm mense se geld nie.

Anoniem ·

Alida, jy is verkeerd. Zuma en sy vergrype pla my OOK. Baie.

Poot ·

Anoniem
Dit is nie sy skuld dat baie mense nie die “pennie laat klop nie”. Moet ons nou ALMAL ‘n klomp Armg…tte wees sodat ons beter kan voel. Of mag net ‘n sekere bevolkings groep “ryk” wees. Please……
Ek hou voet by stuk dat hierdie politieke vuilspel is. Indien ek verkeerd is dan moet die NASKOM die prys betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.