Polisiehoof vra kalmte ná 2 se dood in Caledon

khehla-sitole

Genl. Khehla Sitole die hoof van die SAPD. Foto: Phando Jikelo/ANA .

Die nasionale polisiekommissaris het vir kalmte in Caledon in die Wes-Kaap gevra nadat twee mense Donderdag tydens ʼn betoging doodgeskiet is.

Genl. Khehla Sitole het gesê die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sal die voorval ondersoek. “Ons versoek die gemeenskap van Caledon om kalm te bly en die ondersoek sy gang te laat gaan,” het Sitole gesê.

“Opod is ʼn onafhanklike instelling en dit is sy mandaat om dié soort voorvalle op ʼn objektiewe en onbevooroordeelde wyse te ondersoek.” Die nasionale polisiekommissaris het ook opdrag gegee dat die polisie sy volle samewerking met die ondersoek gee.

Hugo Geldenhuys, woordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, het vroeër aan Maroela Media gesê die betoging het vir chaos in die hoofstraat van dié dorp gesorg. “Hulle het ook op die Hermanuspad op pad na Hemel en Aarde toe betoog en die pad na Bredasdorp is gesluit.”

Geldenhuys het verduidelik dat dit nie duidelik is waaroor die betoging gegaan het nie. Hy het wel bevestig dat dié betoging nie deur die munisipaliteit goedgekeur is nie.

Alan Winde, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê hy is kwaad oor wat gebeur het. “My gedagtes is by die slagoffers se families in dié tyd.”

Winde het gesê daar is bewerings dat politieke partye aan die voorpunt van die protesaksies is.

“Hierdie partye is bereid om lewens op die spel te plaas om hul agendas te bevorder. Ons het almal die reg om te betoog en prosesse te hê om ons stemme te laat hoor. Onwettige aksies soos hierdie plaas egter die gemeenskap en polisie in direkte konfrontasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Swartwolf ·

Hy boesem definetief die gesag van ‘n generaal in……….

John ·

Enige betoging is ‘n riskante aksie want emosies loop hoog, opsweping gedy en sake raak buite beheer. En telkens word diegene wat in die proses in die spervuur beland die groot helde wie se dood gedenk moet word en na eie dwase betrokkenheid gesterf het. Politieke partye voel vere vir hul kiesers maar baie vir hul eie sak en ego om tog in die parlement te gaan sit en slaap en nou en dan ‘n verwoede armpie te lig.

marous ·

Het hoed nie gese dat hy opdrag gegee het dat sy mense moet skiet as hulle aangeval word nie ? Waarom is hy nou tjoepstil ?

Koos de Meyer. ·

Hulle moet maar die gevolge van hulle kamstige vreedsame betogings dra. Die polisie se hande is afgekap, hulle kan nie net staan en toekyk nie. Wet en orde moet gehandhaaf word.

KrokodilBotha ·

Opod…..jaja. Ruk terug is daai vrou op suidkus in haar motor deur n klomp polisie manne dood geskiet. Opod is nog tjoepstil. Nes die Mrk kommisie lyk dit vir my baie rassisties. Caledon was n geval van elke sport het sy beserings.

Elize ·

Kalmte kalmte!! Hier is belastingbetalers wat net mooi siek en sat is vir hierdie betogings wat telke male in chaos verval. Dan word paaie verspêr, besighede word geplunder, diere probeer vlug voor brandstiging en so kan die lys aangaan. Dit is hulle REG. Wat van ons regte as belasting betalers. Dit is n euwel, net soos plakkerskampe wat NOOIT OOIT in die eerste plek toegelaat moes gewees het nie. Julle, die ANC het die wanorde en wetteloosheid in ons pragtige land toegelaat wat in elk geval elke dag meer na n 3de wêreld se land lyk. En steeds betaal ons maar elke maand ons gaaie af aan alle tipes belasting wat op ons afgedwing word. Tyd dat ons begin om baie sterk terug te druk. Kom Steve, staan nou vir president. Ek stel myself aan as jou no 2.

Andre ·

Dis lankal nie meer ‘protes’ wat plaasvind nie.

Dis ondermyning van die regering, sabotasie, teistering en TERRORISME!

Dis jammer van die 2 sterftes. Maar almal weet dat lewensvelies kan plaasvind VOORDAT hulle begin’protesteer’! Bly weg as jy nie bereid is om ‘seer te kry’ nie.

Tyd dat hulle vasgevat word!

Kla die ORGANISEERDERS aan en stel eise in teen hulle … vir die verlore lewens en ander skade.

Adam ·

Mnr Winde, glo my, ek is mog meeer kwaad as jy, maar ek is kwaad omrede alles in die land verwoes word en dit onmoontlik is vir die massas om te besef dat vreedsame protes moontlik is. Hoe jy so min tot beskikking het en dit boonop vernietig is gewoon onnosel. Die DA kan veel eerder sy “woede’ omskep in iets positiefs en Caledon se mense leer dat jy met geweld nie veel kan uitrig nie en boonop aan jou eie swaard kan sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.