Polisiehoof vra vir kalmte ná 2 sterf in Soshanguve

khehla-sitole

Genl. Khehla Sitole die hoof van die SAPD. Foto: Phando Jikelo/ANA .

Die nasionale polisiekommissaris het vir kalmte gevra ná die dood van twee betogers in Soshanguve in die noorde van Pretoria.

Genl. Khehla Sitole het Donderdagaand in ʼn verklaring gesê hy veroordeel die moorde asook aanvalle op polisiebeamptes en die brandstigting by eiendom wat vroeër die dag tydens gewelddadige protesaksie oor dienslewering plaasgevind het.

“Daar word beweer dat vandag se betogings in Soshanguve gelei het tot die versperring van ʼn pad by ’n taxi-staanplek in die Nkandla-informele nedersetting naby die M20.

“Daar word ook berig dat die betogers Donderdag omstreeks 06:00 ʼn vragmotor voorgekeer het waarna ʼn vrag ter waarde van R700 000 verbrand is,” lui die verklaring.

Polisie is na dié toneel ontbied waarna hulle deur die betogers aangeval is. ʼn Polisielid het tydens die skermutseling twee skietwonde aan albei sy bene opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas. Hy is na bewering in ʼn stabiele toestand.

Luidens die verklaring het betogers vandaar op ’n drankwinkel in Dorengstraat toegesak en dié winkel geplunder. Die polisie se eenheid vir openbare orde is ontbied en twee betogers is op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem.

Betogers het nóg winkels in die area geplunder. ʼn Winkeleienaar het in die proses ʼn 35-jarige betoger geskiet waarna die eienaar op die vlug geslaan het. Polisie is na die toneel ontbied waarna betogers ook skade aan hul diensmotor aangerig het.

“Die betogers is toe na ʼn huis in uitbreiding 5 [in Soshanguve] waar hulle ingebreek en musikale toerusting gesteel het. Dié huis is daarna aan die brand gesteek. Die polisie het op die voorval gereageer waarna die liggaam van ‘n 30-jarige man oorkant die straat van die brandende huis aangetref is,” lui die verklaring.

ʼn Multidissiplinêre span bestaande uit misdaadintelligensie en “gesoute speurders” is genader om die aanval op polisiebeamptes, die dood van die twee betogers en die brand van die vragmotor en huis te ondersoek, lui die verklaring.

Sitole het gesê die skuldiges behoort verantwoording vir hul dade te doen “aangesien sulke gedrag krimineel en onaanvaarbaar is”.

Sitole het ʼn beroep op gemeenskapsleiers gedoen om hul griewe op ʼn vreedsame wyse met die betrokke belanghebbendes op te los. “Ek doen ʼn beroep op die gemeenskap van Soshanguve om kalm te wees, want openbare geweld is geen oplossing vir enige probleem nie, maar eerder ʼn misdaad wat met die wet strafbaar is.”

Volgens die verklaring was die situasie in Soshanguve teen Donderdagaand kalm en die polisie se eenheid vir openbare orde het die situasie gemonitor.

Die aangekeerde betogers sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van openbare geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

barend ·

Dit is asof ons terug is in die 1980″s ,ons het net in daardie tyd n weermag tot ons beskiking gehaat om wet en orde te handaaf .

Snowball ·

Sjoe, nie geweet ons het nog “gesoute speurders” nie.
Wat van ‘n noodtoestand soos in die 80’s, met weermagontplooiing? Of lyk die geteisterde SA van nou, dan te veel soos die SA van toe? Die cANCer gaan nie erken hulle is buite beheer en hulle beleid is ‘n dawerende mislukking nie, hulle gaan eerder die land sien brand.
Waar is die gesoute joernaliste? Waar is die voorbladfoto’s nou, waar daar met slagoffers se liggame straat- af gehardloop word, al vlugtend voor die polisie?

Thomas ·

“Gesoute speurders” – praat ons nou van menslike biltong?

Ronel ·

Thomas weer eens maak jy my dag met jou skerp kommentaar!!! Ek lag dat die trane rol!

De Villiers ·

@Snowball, as ek ons weermag so bekyk is ek bevrees dat hulle selfs sal sukkel teen Zimbabwe se weermag as hulle ons moes inval. Daar is nie meer ordentlike voertuie nie, nie ‘n lugmag ens. meer oor soos in die goeie ou dae nie. Ek weet dus nie of dit enigsins sal help om die weermag êrens te ontplooi vir skarebeheer nie.

San ·

Stem saam. Hulle is nie betogers maar plunderaars. Niks verkeerd om te betoog nie, maar hoekom moet alles gevandaliseer en geplunder word?

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Sharpeville 2019…….. al verskil is in die ou dae het polisie nog hul man gestaan.

Dit moet wet word dat elke persoon wat vir die staat werk se huis adres bekend moet wees…sommer op n website….dat as ek ontevrede is oor korrupsie in Emfuleni Munisipaliteit (Vaal Driehoek -Sedibeng distrik) dan moet ek weet waar om die burgermeester van Vanderbijlpark te gaan uit snuffel in die noorde van Sandton waar hy wegkruip vir die betogings en potholes..

….sien dan hoe vinnig kry jy goeie diens vir die duisende rande se diensgeld wat jy elke maand moet betaal.

.
.

Jacques ·

Ek kan nie verstaan dat die polisie net staan en kyk hoe hierdie sogenaamde betogers alles vernietig en niks drasties daaraan doen nie . Oorsee kom die polisie en haal die voorste ry mense heeltemal uit en kyk oor is alles . Dit is tyd dat die polisie vir die mense wys wie is in beheer , maar op die stadium het die verkeerde mense die beheer en die hef in die hand .

Nog n punt . Wie gaan pa staan vir alles wat reeds vernietig is , die rgering ?

HPV ·

Jacques as jy ‘n polisieman onder die regering was, en het geweet jy gaan aangekla word vir poging tot moord of moord as jy optree, wat sou jy doen? Ek was deel van destydse veiligheidsmagte, ons was geleer om in ‘n groep slegs die opstokers en aanhitsers te identifiseer en hulle buite aksie te stel, en dan weer die een wat hom opvolg tot die groep uiteen gaan. Die aanhitsers was detyds ook nooit in die voorste ry nie maar redelik agtertoe. Ons was destyds bewapen met die FN en sy opvolger die R1 waarmee jy beslis nie sommer in ‘n groep in sou vuur nie, maar slegs selektief as jy geen ander keuse gehad het nie.

Jacques ·

HPV – Ek hoor wat jy se . Toe ek in die weermag was is daar gese as jou lewe of enige ander persoon se lewe of eiendom in gevaar was , skiet om te dood . Ek verstaan dit werk nie vandag meer so nie . Ek het egter n groot probleem dat alles vernietig word soos wat hulle die pad afkom . Ons werk hard vir dit wat ons het , so wat gee hom die reg om net te kom breek en vernietig ?

HPV ·

Jacques, ek weet hoe jy voel, ja ek en baie ander voel dieselfde daarom kan ek nie anders as om met jou saam te stem nie. Mens raak moeg siek en sat vir die wetteloosheid en dit laat jou met geen ander keuse as om jouself en jou eiendom te verdedig nie. Ja indien my familie of my lewe bedreig word sal ek dieselfde doen.

Jean ·

Die SAPD en Weermag se hande is afgekap, want die regering steun anargisme. As my stelling nie waar was nie, sou eersgenoemdes al lankal gedoen het wat hul moet doen.

Nico K ·

Ek sien wat julle sê dat dit weer so gaan as in die 1980’s. Ek weet dit is ou koeie maar die ironie is dat die mense in 1992 JA gestem het want, het van hulle gesê, hulle is moeg vir al die opstande en geweld.

Stephen Namibia ·

Stuur hierdie berigte vir die Beleggers. Iemand wat in SA geld investeer moet regtig sy kop laat toets.

Heksie ·

2 betogers? Gister was dit dan 1 betoger en ‘n lid van die rooimiere wat dood is.

marous ·

Anargie is waarvoor die regeerders van die land gevra het , en anargie is wat hulle kry . Dit is net jammer dat gewone mense se lewens opgefoeter word en nie die van diegene wie agter die hele gemors sit nie .

Boet ·

Raak ontslae van hulle voorsien wapens, byle, pangas, stoke, knopkierries of wat hulle nodig het laat hulle mekaar uitmoor en kla kry

Johanna Botha ·

Pluk hulle eie lat …dis wat jy nou het as jy net staan en kyk !

K ·

Moet ons jammer voel vir die 2 “betogers” ? Hul Riot, plunder en verwoes ander se lewens, live by the sword, die by the sword.

John ·

‘n Vrag van R700 000 verbrand… en die belastinginkomste word al minder… Is dit diè dat die ‘ysberg’ nou weer die anneksasie van die Reserwebank ophaal. Ons druk net note en strooi dit oor die SA-betogers… miljarde op ‘n slag… dink net die vreugde… vure… Niks sal hierdie mense tevrede hou nie. Die volgende dag skreeu hul weer… brand die vorige dag se inkopies want nou is dit opgedons of opgefees.

HPV ·

Barend ons is nie terug in die 80’s nie, die verskil was daar was wet en orde en ek kon my familie en eiendom beskerm sonder om vervolg te word. Opstande en betogings was in die kiem gesmoor en plunderaars is tronkstraf opgelê. Om die waarheid te sê dit is steeds die norm in alle eerste wêreld lande. Maar nou ja, hierdie land het onderleiding van die anc/eff/blf verval tot ‘n “gangster paradise” waar meer vas 50 mense per dag vermoor word en die hele wêreld keer ‘n blinde oog! Die regerings wat mede verantwoordelik was vir dit wat nou besig is om hier gebeur is die stilste van al die regerings.

SjN ·

Wat het die brand van vragmotors te doen met dienslewering, die onbevoegde leiers is die eintlike probleem.

Elize ·

Nico K. Gaan lees gerus die boeke Josefskleed en Judasbok. Ons JA of NEE het niks beteken nie. Alles was klaar vooraf agter geslote deure gereel dat Mandela vry gelaat sou word en dat SA n swart regering SAL kry.

Nuusbrak ·

Die SAPS vra vir kalmte – is dit nie juis hulle werk om kalmte te kan afdwing nie ?
Moet Suid – Afrikaners dan ook hulle moordenaars en verkragters vra om dit liefs nie te doen nie ? Die land is n sirkus en elke dag is daar n nuwe hofnar .

Leeu ·

Waar is die polisiehoof oor plaasmoorde?? Hierdie is 2 wat geriot en anargie gesaai het?

pinkie ·

Te veel menseregte ontneem die res van die populasie van hulle regte.

and the brain ·

@pinkie, ek wou nou presies dieselfde sê! Te veel menseregte.

Jordaan ·

Darem vreem ddat dit so gewild is om ‘n drankwinkel te stroop as mens ongelukkig is oor “dienslewering”. Daar steek seker waarheid in die storie van mens kan jou probleme verdrink!

haasbrein ·

Die Polisiediens is deesdae n moniterings diens , Kry n waterkanon en lekker baie gryswater wat lekker stink en as hulle iets brand spuit dit dood met die water , en spuit hulle almal onder die gryswater , Tjop Tjop en almal is nat en uitgesort. Maar die grootste probleem is almal van hulle het mense regte , maar as jy stout is vervreem jy jou mense regte op daai tydstip

Alida ·

HY MOET OPTREE NIE VRA VIR KALMTE NIE WANT HY GAAN DIT NIE KRY NIE.

Andre ·

Snaaks dat dit weer op Cyril se watch gebeur? Hy gaan nie meer baie lank hou nie, sy ANC maaitjies is besig om hom vining uit te werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.