Polisiehuise by Nkandla staan leeg

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die City Press het Sondag berig van die huise wat vir pres. Jacob Zuma se lyfwagte gebou is, staan leeg terwyl hulle in gastehuise sowat 70 km ver bly.

Volgens ʼn ondersoek deur die koerant het die 14 huise sowat R12 miljoen gekos om te bou. Die rede hiervoor was dat die lyfwagte so na moontlik aan die president kan wees weens die hoë vlak van veiligheidsbedreiging in die gebied.

Die presidensiële beskermingseenheid maak intussen glo gebruik van ʼn driester-gastehuis in Eshowe. Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het in 2012 gesê veiligheidsmagte moet as ʼn “24/7/365-diens” op die perseel gehuisves word.

“Om hulle op die naaste dorp, Eshowe, te vestig is onprakties. Daar word ook parkering benodig vir veiligheidsvoertuie,” het hy destyds gesê.

Volgens City Press het die gebruik van die gastehuis deur die presidensiële beskermingseenheid afgeneem, maar dit word steeds benut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francois ·

Seker te min “vermaak” op Nkandla. Die dorp het seker ‘n kroeg en ander “huise”. LOL

scalla ·

Die lummels is seker te lui om vir hulself kos te maak en beddens op te maak, open n kfc op nkandla, ten minste word daar dan nie vir die verblyf betaal nie, onbevoegde bestuur.

CHRISTA ·

Stel jou voor: elke wag se huis is amper R1 miljoen!! All the Nations Criminals!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.