Polisiekaptein by sy huis geskiet

Die helikopter waarmee die polisiekaptein na die hospitaal vervoer is. Foto: Netcare 911.

Die helikopter waarmee die polisiekaptein na die hospitaal vervoer is. Foto: Netcare 911.

ʼn Kaptein van die polisie se provinsiale eenheid in Gauteng is kritiek gewond toe hy vroeg Dinsdagoggend by sy huis in Strubensvallei, Roodepoort, geskiet is.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die kaptein het omstreeks 02:00 Dinsdagoggend ʼn geluid buite sy huis gehoor en gaan ondersoek instel. Hy is in die maag geskiet. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn 37-jarige man is kritiek gewond en per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir dringende mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ladybug ·

Hy van alle mense weet hy moet nie uitgaan nie… hoekom is hy so waaghalsig, want ‘n held is hy beslis nie!

debbie ·

ek is so moeg om van moorde te lees veral ons boere hoekom moet daar soos n moodenaar en roewers wees, ons boere doen hulle niks nie, as al ons boere uit gewis is, waar gaan die kos vandaan kom ons boere doen net goeie dinge maar word nie gegun om te leef nie, tot ek wat in n klein dorpie woon lewe nou al soos n tronk voel in my eie huis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.