Die Wes-Kaapse polisie is in rou gedompel nadat een van sy lede Sondagmiddag in Tableview vermoor is.
Die identiteit van die 54-jarige offisier moet nog bekend gemaak word.
Volgens brig. Novela Potelwa dui inligting daarop dat die kaptein verbonde aan die Tableview-polisiestasie Sondagmiddag in die informele nedersetting geskiet is. Die verdagtes wat op die oomblik op vrye voet is, het glo die polisieman se vuurwapen gesteel en daarmee op die vlug geslaan.
“Die omstandighede rondom die skietvoorval is die onderwerp van ʼn polisie-ondersoek wat tans in die hande van Valke is. Die motief vir hierdie wrede aanval op een van ons eie [lede] sal duidelik word namate die ondersoek vorder,” sê Potelwa.
“Die Wes-Kaapse polisiebestuur is uiters hartseer oor die aanval op ʼn polisiebeampte. Boodskappe van medelye is aan die vermoorde polisiekaptein se familie en kollegas oorgedra.”
wees hartseer or aanvalle op alle burgers
Hoekom gaan die polisie met hulle wapens huis toe? Kan dit nie gestoor word by polisiestasie nie? Hulle pleeg moord met wapens na ure. Skelms neem te maklik die wapens af!
Die polisiebestuur sal nie wakker skrik uit hul diep slaap nie.