Polisiekaptein, ma vas oor moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiekaptein van Orkney in Noordwes en haar ma is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklag van moord.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 44-jarige kaptein en haar 60-jarige ma is in hegtenis geneem in verband met die moord op City Motale (60). Motale was die verdagtes se pa en man.

Motale se liggaam is op 10 Desember in ʼn veld in Orkney gevind. Hy is met ʼn panga geslaan. Die ma en dogter is tydens die polisie se ondersoek ondervra en die dogter se motor is vir forensiese toetse gestuur. Die forensiese toetse het bepaal dat die bloed wat in haar motor gevind is, dié van Motale is.

Volgens Ngubane is die kaptein by die Klerksdorp-polisiekantoor in hegtenis geneem terwyl sy aan diens was. Sy is met onmiddellike effek geskors. Die ma is by haar huis in Kanana in hegtenis geneem.

Ngubane het gesê die motief vir die moord is nog nie duidelik nie. Die polisie vermoed egter dat Motale vermoor is vir sy pensioengeld aangesien die ma en dogter herhaaldelik sy werkgewer gekontak het en geëis het dat sy pensioengeld aan hulle uitbetaal word.

Die verdagtes sal binnekort in die Orkney-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

scalla ·

Wonder hoe het sy gevorder tot kaptein en so iets doen, barbaarse kultuur

Theresa ·

Hulle kry poste op ‘n skinkbord. Dis nou nie so ingewikkeld om te wonder hoe het sy tot daar gevorder nie. Maar goeiste, kan jy nou meer. Seker gedink sy ken al die loop-holes.

Drieks ·

Ai Renate, sé nou maar ons kan weer ‘n polisiemag hé. Ek haat en vrees die polisie, ek sal hul noooooit bel of roep as ek in nood is nie.

franklin ·

Word n sapd konstabel net bevorder tot kaptein of studeer jy vir die kapteins pos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.