Vyf verdagtes, waarvan een ʼn kaptein in die polisie is, is Sondag in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn sportwinkel in Louis Trichardt in Limpopo.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê vyf verdagtes het verlede week op die winkel toegeslaan en selfone en klere ter waarde van meer as R100 000 gesteel. Lede van die Makhado-polisiespeurdiens het in samewerking met die misdaad-intelligensie eenheid, die rooftog ondersoek en die verdagtes in die Ritavi-gebied vasgetrek.
“Een van die verdagtes is ʼn polisiekaptein verbonde aan die Ritavi-polisie se speurdiens. Sy het glo twee van die gesteelde t-hemde en ʼn gesteelde rekenaartablet in haar besit gehad,” het Mojapelo gesê. Nog gesteelde items is glo in die ander verdagtes se besit gevind.
Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 44 jaar, sal Dinsdag in die Makhado-landdroshof verskyn op aanklagte van sakeroof en die besit van gesteelde goedere.
“Die ondersoek duur voort, aangesien die verdagtes vermoedelik ook met ander misdade verbind kan word,” het Mojapelo gesê.
- Van die items waarop daar beslag gelê is tydens die inhegtenisnemings. Foto: SAPD
- Van die items waarop daar beslag gelê is tydens die inhegtenisnemings. Foto: SAPD
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Gruwelike klad op die SAPD se naam.
Dit is jammer dat n dief (kaptein) nou al die hardwerkende SAP lede se werk tot nuut maak! Ek wil weet hoe de duiwel word n dief n kaptein in ons SAPD? Is die susteem so vrot of is dit die eint resultaat van reg stellende aksie?
Sy het 2 t-hemde en ‘n rekenaartablet as meer waardevol beskou as haar loopbaan.
Gee bevordering sonder werklike verdienste… Grade sonder verdienste… gratis opleiding sonder verdienste (sonder beurse)… en dit is wat jy kry! Dit beteken niks en kom tot niks.
Praat nou van wolf skaapwagter maak ne. Ek dink regtig hierdie land van ons probeer om elke idioom waar te laat word.