Polisiekaptein skiet glo vrou, dogter, homself

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 48-jarige kaptein verbonde aan die Milnerton-polisie in Kaapstad het na bewering Donderdag in die vroeë oggendure sy vrou en stiefdogter doodgeskiet, voordat hy homself geskiet het.

Moses Dlamini, nasionale woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), het gesê die voorval het om 02:45 by die kaptein se huis plaasgevind.

“Die man het glo sy 45-jarige vrou en 20-jarige stiefdogter doodgeskiet, voordat hy homself in die kop geskiet het. Hy het egter oorleef en is tans in ʼn stabiele toestand in die hospitaal onder polisiebewaking,” het Dlamini gesê.

Dlamini het gesê die verdagte se twee seuns, onderskeidelik 13 en 17 jaar oud, was tydens die skietery in die huis. Hulle het hulp by die polisie ontbied, waarna die polisie na die toneel gehaas het.

Opod is na die toneel ontbied en het die ondersoek oorgeneem. Hulle het beslag gelê op 28 patrone.

Die verdagte sal binne 48 uur aangekla word. Hy sal in die hof verskyn op twee aanklagte van moord sodra hy uit die hospitaal ontslaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Polisie lede wat so bezerk raak . . . wie op aarde kan op hulle staat maak? Dit dui op ‘n algehele wanbalans in die mense, gedurig lees ons van polisie wat absurde dinge aanvang. Dit was nooit die geval nie maar het gekom met ‘n nuwe generasie wat nie geroep is om te dien in die polisie nie. Geen wonder nie as ons in ag neem hoeveel nasionale kommissarisse al in die pad gesteek is oor kriminele aksies nie.

danie ·

Wie sê die ou is van die nuwe generasie? Hy’s 48 en waarskynlik al lank in die polisie.

Cherokee ·

Toe hy sy vrou en dogter skiet tref hy vol maar kwes slegs homself.

Karma ·

Jis, Cherokee, moet jy altyd so skeef trek?

‘n Ma en ‘n jong vrou in die fleur van haar lewe is hier dood; die man is glo kritiek – en jy merk op dat hy húlle twee doodskiet, maar homself net verwond? Waar is jou menslikheid en simpatie met die oorlewende twee seuns, die gesinne van die polisieman en die vrou en haar dogter?

Nee man, is jy mens, masjien of monster?

Cherokee ·

Karma, jy verstaan maar moeilik, nè. Dit behoort duidelik te wees dat my simpatie by die vrou en haar dogter is en nie by hom nie. Jy weet tog ek spel nooit dinge uit nie maar maak staat op begrip vir wat ek skryf. Let wel, nie noodwendig saamstemming nie maar ten minste begrip vir wat ek sê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.