Polisiekaptein vas ná sy verdagte glo help ontsnap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Table View in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy na bewering ʼn verdagte gehelp het om te ontsnap,

Die Wes-Kaapse polisie het gesê ʼn verdagte is Saterdag omstreeks 19:30 in Scottsdene in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Terwyl polisiebeamptes besig was om die man in hegtenis te neem, het ʼn kaptein van die Table View SAPD met haar private voertuig by die toneel opgedaag. Sy was in haar polisieuniform geklee en ʼn onbekende man het haar vergesel.

“Sy het die inhegtenisneming onderbreek en geëis dat die verdagte vrygelaat word. Toe die polisiebeamptes weier, het sy die verdagte losgeruk en hom aangesê om weg te hardloop,” het ʼn polisiewoordvoerder gesê. Dit het later aan die lig gekom dat die vuurwapen wat in die verdagte se besit was, verlede maand in Manenberg as gesteel aangemeld is.

Die kaptein is Woensdag in hegtenis geneem en sal in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn op aanklagte van dwarsboming van die gereg, die belemmering van polisiebeamptes om hul werk te doen en hulpverlening aan ʼn verdagte om te ontsnap.

Volgens die mees onlangse misdaadstatistieke is 686 polisiebeamptes gedurende die 2014/2015 tydperk vir verskeie misdade in hegtenis geneem.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annoniem ·

Wat n skande om net 686 polisie te arresteer vir verskillende misdade,wat van die ander 15000 + wat ook kriminele rekords het, dis mos onregverdig teenoor die 686. Wanneer gaan die regering stop om misdadigers te werf vir die polisie en weermag want deesdae is omtrent almal misdadigers,selfs die metro polisie. Die goeie ouens is in die totale minderheid

Fourie ·

Nie eers die uniform werd wat sy dra Wat nog van kaptein. Hoe Korrup is hierdie regering. Stel kriminele aan. Sluit haar toe en gooi die sleutel weg. Skande vir die uniform in blou. SIES!!!

Winston ·

Werkskepping vir n groot klomp kriminele en n paar top mense in blou moet die wa deur die drif trek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.