Polisiekaptein verwyder glo bewyse

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

ʼn 53-jarige polisiekaptein van die Thembalethu-polisiestasie sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van dwarsboming van die gereg.

Zinzi Hani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê die beampte word daarvan verdink dat hy met bewyse gepeuter het in verband met ʼn sakerooftog op 31 Januarie 2022 by die Puma-vulstasie in Thembalethu, George.

Tydens die rooftog was daar ʼn skietery tussen die polisie en die verdagtes.

Die Valke se eenheid, wat ernstige korrupsie ondersoek, het bepaal dat die verdagte moontlik bewyse van die toneel verwyder het.

“Die Valke het ʼn soektog uitgevoer op die kantoor van die verdagte. Patroondoppies is van die misdaadtoneel verwyder en dit is in die verdagte se kantoor gevind.”

Hy is in hegtenis geneem en bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Roek ·

Ongelukkig is daardie dae lankal verby , hoop hulle kla hom sommer nou aan as medepligtige ook , hy maak mos nou deel uit van die misdaad !

SjN ·

Inside job, hy is dalk nog die een wat die rooftog gereel het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.