Polisiekar ry vier dood

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee vroue en twee seuns is dood toe hulle Donderdag deur ʼn polisievoertuig in Johannesburg getref is.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder vir Gauteng, het gesê die voorval het omstreeks 13:30 in Mainweg in Kya Sand in Randburg plaasgevind.

“Twee polisiebeamptes wat verbonde is aan die Douglasdale-polisiestasie was aan diens toe hulle in ʼn ongeluk betrokke was waarin vier voetgangers doodgery is. Die slagoffers is twee vroue, onderskeidelik 27 en 38 jaar oud, en twee seuns, vyf en sewe jaar oud,” het Masondo gesê.

Die twee beamptes is in die ongeluk beseer en is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die omstandighede rondom die ongeluk is nog onbekend en word ondersoek.

ʼn Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak. Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) gaan die ondersoek lei.

Masondo het gesê die polisiebestuur het met skok van die voorval verneem. “Die polisiebestuur wil graag hul innige meegevoel met die naasbestaandes van die oorledenes betuig. Die polisie sal sy volle samewerking gee met Opod se ondersoek,” het Masondo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

LVH ·

Ja, want al wat ‘n polisie-van bestuur, is mos bo die wet verhewe. Mens moet net koes as hulle op pad is

Anoniem ·

Sien die polisie jaag daagliks tussen Evander en Secunda. Jaag oor die stop straat geen sirene of blou lig. Sny voor die karre in . Draai uit die verkeerde baan voor die karre in by robot. Dan gaan stop hy by polisiestasie en klim rustig uit die bakkie asof hy die wereld se tyd het. Geen rower geen nood jaag maar net want ek dra die uniform en ry die polisie kar.

jean ·

Motorlisensie?….of miskien net wakker geword uit diepe slaap en pad gevat?

marous ·

Skok , hartseer , teleurgesteld …wonder of die woorde op elke woorvoerder se handpalm getattoeer is ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.